Tags: Rustenburg, Agripulse, Agri, Landbou, Agriculture, Latest, News,

In vitro-bevrugting Heinrich se trots

Posted in Latest News

Agri-Pulse het gedurende Junie vir Heinrich Bruwer in die Vryburg / Ganyesa-omgewing gaan kuier. Hy vertel meer oor sy liefde vir Brahmane en die belangrikheid van hul genetika. Heinrich het sowat vyf jaar gelede die In vitro-bevrugtingstasie op Lovedale begin en sedertdien werk hy hard om die genetika van Brahmane na die beste van sy vermoë te verbeter. Hier kyk Zian Stols saam met Heinrich na die pragtige Brahmaan skenker koeie op die Bruwer-familieplaas, Grand View. Lees meer hieroor op bladsy 16.(Foto: Magda Stols)

‘n Nuwe kyk na Perdeterapie by In Touch Therapy

Posted in Latest News

Perdeterapie het ‘n meer spesifieke doel. Dit behels die gebruik van perde om rehabilitatiewe en stimulerende doelwitte te bereik wat deur ander behandelings of omvang van die praktyk beperk word.
Veral vir diegene wat nie vertroud is met perde nie, kan werk met perde ‘n intimiderende ervaring wees. Individue roep dikwels uit: “Hulle is so groot!” Om ‘n dier van ‘n half ton plus te kry om te doen wat jy vra, is inderdaad nie ‘n maklike taak nie. As jy nie gewoond is om eerlik te wees en duidelik te kommunikeer nie, word die taak moeiliker.

Boer beeste beter

Posted in Latest News

James Blignaut

Golwend staan die gras in die laatmiddagson, beeste ikonies soos kaneelsuiker daarin gestrooi.  Die hart klop warm.  Afrika is beeste, beeste is Afrika; die smaak van moerkoffie en die reuk van warm kraalmis roer jou binneste.  Dit reik diep – worteldiep.