SA voorbeeld vir die wêreld

Posted in Latest News

AGRI-PULSE – Prof Ferdi Meyer het ‘n rooskleurige prentjie geteken in ‘n wêreld vol onsekerheid.

Ferdi, direkteur: BFAP, het gepraat oor wêreldperspektief/ die waardeketting en internasionale politieke onstabiliteit.
Die droogte in 2015 en 2016 het die pryse van gewasse erg benadeel en toe kom Covid. Boere het besluit om te plant en so voedselsekuriteit te verseker.v
Volgens hom was dit die beste besluit, want toe kom die oorlog in Europa en pryse skiet die hoogte in en almal soek surplus gewasse.
Volgens Ferdi is landbou slegs 3% van SA se ekonomie, maar 11% van die voedselketting.
“Ek het onlangs geleer onsekerheid gooi modelle deurmekaar. Die oorlog bepaal sonneblompryse en die pryse van mielies, sonneblom en soja is die hoogste nog. Dit is tot R5 000 per ton vir mielies.”
Volgens hom het SA genoeg sonneblom, maar die prys is so hoog, want Rusland en Oekraïne produseer 56% van die wêreld se sonneblomme. Kunsmispryse is net so hoog, want Rusland is ‘n groot produsent. SA moet invoer.”
Van die uitdagings vir boere is die wisselvallige weer met ‘n moontlike El Nino op pad, die hawens wat nie die druk kan hanteer nie en die uitbreiding van markte.
Die rol van die regering moet ook meer gedefinieer word, want die regering kan nie en mag nie boer nie.
“Hy moet net die omgewing skep vir landbou.”
Hy het afgesluit deur te sê “Covid was goed vir landbou, en die toekoms lyk goed”.
“Landbou is egter ‘n pendulum. Pryse sal weer draai.”