Donkie massa-moord trek wêreld se aandag

Posted in Latest News

AGRI PULSE - UPINGTON - Die onlangse ontdekking van ‘n “verskriklike massa donkie-moord-toneel” in Olifantshoek in die Noord-Kaap, waar honderde donkies  glo ingelok is en met hamers geslaan en lewendig afgeslag is, en berigte in die nasionale media verlede week dat meer as 5 000 donkie huide gevind is in ‘n plakkershut en ‘n metaal verskepingshouer in Benoni ontdek is, het die wêreld se aandag op hoe winsgewend die onversadigde Chinese aanvraag op donkievleis en -velle kan wees.

Twee verdagtes, Heinrich Smit en Dawid Pappie, is op Olifantshoek in hegtenis geneem en word aangekla ingevolge die Dierebeskermingswet en die Wet op die Veiligheid van Vleis. Dit volg na aanleiding van die grusame bevindinge op ‘n plaas asook getuie verslae oor donkies wat ingelok met hamers en lewendig afgeslag is.

Die vrou wat hierdie donkie slagtery aan die lig gebring het, is Michelle Opperman van die Olifantshoek Animal Association.

Sy werk al die afgelope vyf jaar in die verskillende woonbuurte waar sy diere wat in nood is versorg en kosgee en mense vertel hoe om hul diere te versorg.

Om die volle storie te lees, kyk na ons Agri Pulse February 2017 uitgawe.