Eerste amptelike gesig van Rooibos

Posted in Latest News

AGRIPULSE – Clanwilliam - Die eerste Nasionale Rooibosdag is op 16 Januarie op Clanwilliam gehou, en wat ’n reuse-sukses was dit nie! Die dag was van begin tot einde met opwinding gevul.

Onder die hoogtepunte was ’n wêreldrekord wat opgestel is, asook die eerste jaarlikse aankondiging van die Gesig van Rooibos.

Daar is met trots bekend gemaak dat Die Nuwe Graskoue Trappers, ’n rieldansgroep van Wupperthal, nou met die titel spog. Die Gesig van Rooibos vir 2017 word deur Rooibos Beperk moontlik gemaak.

“Ons het op Die Nuwe Graskoue Trappers as Gesig van Rooibos besluit, omdat hulle net so eie aan die streek is soos Rooibos”, sê Sanet Stander en Marietjie Smit, organiseerders van Nasionale Rooibosdag.

Om die volle storie te lees, kyk na ons Agri Pulse February 2017 uitgawe.