Naas Grové se nuwe bomeboek nou op die rak

Posted in Latest News

AGRIPULSE - RUSTENBURG - Boom- en plantkenner - Naas Grové van Noordwes se lewenslange droom om ‘n boek oor bome van die Magaliesberg die lig te laat sien, het uiteindelik die afgelope klompie maande gerealiseer.

Die boek met die besondere naam “Vratjievrugbliksembos en ander Magaliesbergbome is onlangs in Rustenburg bekend gestel.

‘n Verbasend-groot groep Rustenburgers het die geselligheid bygewoon wat deur nog ‘n bekende “Rustenburger” Vincent Carruthers - outeur van menige boek oor die Magaliesberge - met ‘n insiggewende praatjie toegelig is en as spesiale gasspreker opgetree het. 

Om die volle storie te lees, kyk na ons Agri Pulse February 2017 uitgawe.