Eet sampioene en beveg borskanker
AGRIPULSE – RUSTENBURG - In Suid-Afrika spog ons met verskeie inisiatiewe waarby die totale gemeenskap betrokke is om kanker te bestry. Vandeesmaand is geen uitsondering nie. Het jy geweet dat Oktobermaand tot Borskankermaand verklaar is? Met ander woorde, allerlei aksies en programme om onder die publiek ‘n bewustheid van die gevare, oorsake en risikos van borskanker te bevorder.