Latest News

Soos vinkel of koljander – maar die een nie soos die ander…

Posted in Latest News

AGRIPULSE - Soos landboutoestande in Suid-Afrika veral in die laaste dekade of wat al hoe meer uitdagend raak, word die gebruik van skadunette of plastiektonnels op plase en plotte toenemend ‘n algemene gesig.  Maar wat is nou eintlik die verskil tussen skadunet en/of plastiektonnels? Ons het by ‘n woordvoerder van die bekende Overvaal Proteaprodukte (‘n prominente vrugteplaas in die Buffelspoortvallei) oor die voor- en nadele van dié twee produkte gaan kers opsteek… 

Om die volle storie te lees, kyk na ons Agri Pulse November 2016 uitgawe.

Landbouers gewaarsku teen trofeejag met honde

Posted in Latest News

AGRIPULSE - Die VKB/VL Veiligheidslessenaar wil landbouers waarsku oor sogenaamde trofeejag wat glo met onwettige jag met honde op plase in die noorde van die provinsie beplan word. Volgens inligting wat vorige oortreders tydens ondervraging gedeel het, word die jagtogte vir die tweede deel van die jaar beplan.

Om die volle storie te lees, kyk na ons Agri Pulse November 2016 uitgawe.

Innoverende kragopwekker wat met hout

Posted in Latest News

AGRIPULSE - NOORDWES – Twee innoverende kabinetbouers van Rustenburg in Noordwes staan op die vooraand van ‘n merkwaardige deurbraak wat die wêreld van elektrisiteit, kragopwekking, (en installasie) en letterlik omtrent alles wat by jou huis, op jou plaas, in jou fabriek of jou winkel met elektriese krag te doen het, vir derduisende mense, indien nie miljoene nie in Suid-Afrika maar uiteindelik ook wêreldwyd, behoorlik op sy kop kan keer. 

Om die volle storie te lees, kyk na ons Agri Pulse November 2016 uitgawe.

Oom Will sy lewe lank al

Posted in Latest News

AGRIPULSE - Toe ons destyds in die sestigerjare kaalvoetseuns in Windhoek, Namibië was, was dit nie ‘n ongewone verskynsel om so nou en dan die rare plantjie wat in die volksmond as “beeskloutjies” bekend is, sommer so wild in die veld te sien groei nie.

Om die volle storie te lees, kyk na ons Agri Pulse November 2016 uitgawe.

Departement van Landbou dalk in pekel oor hoender...

Posted in Latest News

Die byvoeging van pekelwater by hoender sal van 22 Oktober 2016 tot 15% beperk word ná die Hooggeregshof in Pretoria ‘n aansoek dat die regulasies ter syde gestel word of uitgestel word, van die hand gewys het.

AGRIPULSE - Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (SAPA) het hom tot die hof gewend omdat die wetenskaplike basis waarvolgens die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye op die 15%-beperking besluit het, bevraagteken is.

Om die volle storie te lees, kyk na ons Agri Pulse November 2016 uitgawe.

Panzanellaslaai met ‘n lekker boerebiefstuk

Posted in Recipe

In vandeesmaand se kookrubriek stel ons ons landbouvroue voor aan ‘n egte Italiaanse slaai (Panzanellaslaai) wat ‘n voorslagkok – Lunel Klopper van
“The Professional Cooking Academy” in Noordwes vir ons voorberei. Hierdie slaai is as’t ware ‘n maaltyd op sy eie, maar soos dit ‘n goeie “boervrou” betaam, bedien sy dit saam met ‘n heerlike “rib-eye” biefstuk wat ons manne heeltemal tevrede sal laat.

Bak saam met jacarandafm 94.2 se Gerda

Posted in Recipe

Stellalander-Vryburg- Ons kook saam met Gerda De Sousa, een van die bekende stemme op Jacaranda FM. Gerda is ‘n oudskolier van Hoërskool Vryburg en het in 1991 matrikuleer. Gerda deel haar spesiale resep vir piesangpoffertjies. Gerda sê dis een van daardie wat jy enige tyd en enige plek vir enige maaltyd en enige iemand aanmekaar kan slaan - en dis altyd ‘n wenner. Gerda verklap dat sy van dié poffertjies geleer toe sy eendag deur haar Portugese kookboek blaai op soek na inspirasie. Sedertdien, het sy die resep al bietjie aangepas en gooi sommer ‘n handvol oorryp bloubessies ook by. Dis ook baie lekker met kaneelsuiker.

Oondgeroosterde Lamsnek

Posted in Recipe

AGRI-PULSE - Die geheim van die kook van die hemelse en gesogte  Stadige Oond Geroosterde Lamsnek wat plaaslike inwoners en besoekers laat terugkeer na die Red Ox Steakhouse in Upington, word uiteindelik onthul!
Soos Virginia Woolf in A Room of One’s Own gesê het: ‘’n Mens kan nie goed dink nie, lief hê of lekker slaap as jy nie lekker geëet het nie.’ Met elke besoek aan die Red Ox Steakhouse beloof hulle ‘n uitstekende diens van hul vriendelike personeel, en om alles te kroon, sal jy nie teleurgesteld wees deur die smaaklike geregte wat deur hul topsjef en die beste kombuispersoneel voorberei word nie.
Maaltye om oor huistoe te skryf en smake wat jou na ‘n droomwêreld sal wegvoer, verseker dat besoekers terugkom vir nog..
Lamsnek word taamlik onderskat, maar gegewe die regte gaarmaakmetodes, kan lamsnek ‘n vaste familiegunsteling wees as jy gaan aansit vir ‘n lekker familiefeesmaal.
Dit is ook ‘n handige opsie vir spesiale geleenthede, wanneer mense saamkom om geloof, familie en fees te vier.
In plaas daarvan om ure voor die stoof deur te bring, kan jy hierdie gereg eenvoudig in die oond gooi en eerder hierdie kosbare tyd gebruik om met weer bande met geliefdes te versterk. Daar is eintlik net een manier om ‘n lamsnek gaar te maak: dit moet stadig gebak word, sodat die sappe hul magiese uitweking op die vleis kan hê en deur aartappels en ander groente smake gekomplimenteer kan word . Daar is glad geen punt daarin om lamsnek gaar te maak as dit nie toegelaat word om sag te word nie.

Die Red Ox Stadige Oond Geroosterde Lam Nek

Bedieningsvoorstel:
Verdik die sous met meelblom, Bisto of Knorr Brown Roux. Dien op saam met kapokaartappels, seisoenale groente en ‘n glas medium-rooiwyn soos Pinot Noir.
Pinot Noir en lamsvleis is dikwels ‘n perfekte pasmaat, want die suur en helder vrugtige note in Pinot Noir dien as ‘n lekker aksent vir die aardse rykheid van lamsvleis.

Bestanddele:
1 Lamsnek rou 1kg
1 Groot ui in 1/4 gesny
5 Naeltjies
150ml Water
150ml Rooiwyn
6 Eetlepels Red Ox Spice

Metode:
Voorverhit die oond op 180°C. Vryf die nek goed in met Red Ox Spice en plaas dit in ‘n diep oondbak. Voeg naeltjies, wyn en water by en bedek die bak met tinfoelie. Rooster die nek vir drie tot drie en ‘n half uur teen 180°C.

Werner se taai marinade-skaapstertjies

Posted in Recipe

AGRI-PULSE - Die Noord-Kaap is vleiswêreld - skaapvleiswêreld. Hier eet hulle die hele skaap, pens en pootjies... En ja, veral graag die stertjies. Skaapstertjies is ’n tradisionele lekkerny wat as delikatesse nuwe gewildheid geniet, amper soos die hedendaagse gewilde skaaptjoppie. Alhoewel stertjies as afval geklassifiseer word, stem baie mense saam dat stertjies in ’n klas van hul eie is. Stertjies bevat heelwat vet en been, maar met die regte voorbereiding is die happies geurige vleis tussenin smullekker. Werner Strauss, streekskoördineerder van Afriforum in die Kalahari, het onlangs kennis gemaak met hierdie eg tradisonele Suid-Afrikaanse gereg. Hy het sy eie weergawe van ‘n gewilde skaapstertjie resep met ons gedeel.


Sagte stertjies - wat jy nodig het:

1 kg skaapstertjies
Aromat
2 skote asyn
‘n handvol koljander
5-7 naeltjies
2-3 lourierblare/lemmetjie blare
Genoeg water om die skaapstertjies in ‘n pot te bedek
Voeg al die bestanddele in ‘n stoompot of multi-pot en kook dit vir 20 minute onder druk.


Marinade:

1/4 koppie tamatiesous
1/4 koppie Worcestersous
1/4 koppie soetrissiesous
1/4 koppie sojasous
2 eetl bruinsuiker
1 gekapte rissie of 1/2 teelepel gerookte paprika
‘n Paar druppels vissous - opsioneel

Laat lê jou saggekookte skaapstertjies in marinade vir so 30 minute voor jy dit oor matige kole braai om dit taai te maak. Onthou om die stertjies gereeld en goed te bedruip terwyl jy dit braai. Sodra jou skaapstertjies ‘n lekker taai tekstuur kry, haal dit van die kole af en sit dit voor as voorgereg of selfs as hoofgereg. Strooi sesamsaad oor en versier met koljander of plaas ‘n roosmaryntakkie op die bord om dit ekstra mooi te laat lyk.

Volg die skakel http://bit.ly/wernerskaapstertjies en braai saam met  Werner en Agri-Pulse.

Lees meer hier: http://www.agripulse.co.za/latest-issue