Latest News

Upington Hotel se befaamde plaashuispalet

Posted in Recipe

AGRI-PULSE - UPINGTON - ‘n Nuwe hotel, Upington Inn het einde September sy deure op Upington in die Noord-Kaap geopen.
Die hotel is deel van die Country Hotel-groep en is geleë in Tiptolstraat, Keidebees, waar die ou Naba Lodge eers was. Upington, wat aan die oewer van die Oranjerivier geleë is, is die grootste sentrum in die streek en die perfekte basis vir sake- en vakansiegangers. Gewilde besienswaardighede sluit die skilderagtige Augrabieswaterval, Kgalagadi  Oorgrenspark, Namibië, die Richtersveld Nasionale Park en die Weskus van Suid-Afrika in.
Na verskeie aanbouiings en opgraderings spog die hotel nou met 38 nuut opgeknapte kamers en ‘n volledige reeks geriewe om ‘n gemaklike verblyf vir sakereisigers en vakansiegangers te verseker.
Geniet stedelike gemak in landelike prag.
Die hotel bied ook goeie konferensie fasiliteite wat tot 200 konferensiegangers kan hanteer, asook ‘n raadsaal vir 30 persone. Die Country Hotel is ook ingerig om troues vir tot 120 gaste aan te bied en die pragtige tuine leen dit ook vir buitelugtroues. Die Upington Inn se 38 kamers bestaan uit dubbel-, enkel-, semi-selfsorg- en gesinskamers. Elke kamer het ‘n en suite-badkamer met lugversorging, koffie- en teemaakgeriewe.  Daar is ook ‘n werktafel en stoel, ‘n platskerm-TV en ‘n verskeidenheid DSTV-kanale om van te kies. Linne van hoë gehalte, insluitend handdoeke, word voorsien. Daar is ‘n groot restaurant wat drie etes per dag bedien. Volgens William is dit hul missie om plaaslik te ondersteun.  Food Lovers Market en Wickens Vleismark is twee van die plaaslike verskaffers. Verskeie funksies kan om die swembad en in die groot tuin gereël word, afhangende van die kliënt se behoefte.  Daar is ‘n lekker kuierstoep wat oor die swembad uitkyk, asook ‘n kuier-area waar spitbraaie gehou kan word. Die hotel is ook rolstoelvriendelik. Upington Inn  bied ook gratis WiFi, DStv, 24-uur-ontvangs, lugversorging, restaurant en kroeg.  Die hotel is ook dierevriendelik en het twee honde aangeneem van die plaaslike AWS. Vir meer inligting kan die algemene bestuurder, William Horner geskakel wrod by 054 338 0444 of e-pos na  This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
• Kakamas Hotel
• Postmasburg Inn
• Clanwilliam Hotel
• Calvinia Hotel
• Kathu Inn
• Springbok Inn
• Orange River Rafting Lodge
• Namastat Lodge
• Tankwa Lodge
• Kuruman Inn
• Kuruman Hotel
• Pofadder Inn

Peri peri lewers

Peri peri lewers
15ml olie
80g rooi ui
40g knoffel
30 g rooipeper brandrissie
40ml room
80ml peri peri sous
250g hoenderlewers

Metode
1-braai ui, brandrissie en knoffel tot ui deurskynend word
2-voeg lewer by en braai tot hulle grys word
3-voeg room by en bring tot prut
4-voeg laastens peri peri by en kook tot sous word verdik en egalig van kleur
5-geniet

Hoendertjop

Hoendertjop
1 hoendertjop (gegeur met sout en speserye)
15 ml olie

Metode
1-Verhit olie in pan
2-Voeg gekruide tjop by
3-Braai tot goudbruin voor jy na ander kant draai
4-Sodra dit gaar is, laat rus voor opdiening

Knoffel baguette

Knoffel baguette
40ml botter
30 gekapte kruie
10g knoffel fyngedruk
5g sout
1 Baguette


Metode
1 sny baguette in gepaste grootte
2-smeer voorafgemaakte knoffelbotter
3-rooster tot botter gesmelt het
4- geniet

Hoenderrepies
1 hoenderborsie
1 eier
50ml melk
5ml Sout
5ml peper
5 ml tabasco
5ml Worcestersous


Metode
1-vlinder hoenderborsie en sny in verlangde groottes
2- geur hoender met tobasco en Worcestersous asook sout
3-doop in meel dan eier en melk mengsel - doop daarna in broodkrummels
4-braai in olie by 160 grade vir 5 min of tot die hoender tot bo-op olie lig
5- dreineer op papierhanddoek om van toegangsolie ontslae te raak

Panzanellaslaai met ‘n lekker boerebiefstuk

Posted in Recipe

In vandeesmaand se kookrubriek stel ons ons landbouvroue voor aan ‘n egte Italiaanse slaai (Panzanellaslaai) wat ‘n voorslagkok – Lunel Klopper van
“The Professional Cooking Academy” in Noordwes vir ons voorberei. Hierdie slaai is as’t ware ‘n maaltyd op sy eie, maar soos dit ‘n goeie “boervrou” betaam, bedien sy dit saam met ‘n heerlike “rib-eye” biefstuk wat ons manne heeltemal tevrede sal laat.

Bak saam met jacarandafm 94.2 se Gerda

Posted in Recipe

Stellalander-Vryburg- Ons kook saam met Gerda De Sousa, een van die bekende stemme op Jacaranda FM. Gerda is ‘n oudskolier van Hoërskool Vryburg en het in 1991 matrikuleer. Gerda deel haar spesiale resep vir piesangpoffertjies. Gerda sê dis een van daardie wat jy enige tyd en enige plek vir enige maaltyd en enige iemand aanmekaar kan slaan - en dis altyd ‘n wenner. Gerda verklap dat sy van dié poffertjies geleer toe sy eendag deur haar Portugese kookboek blaai op soek na inspirasie. Sedertdien, het sy die resep al bietjie aangepas en gooi sommer ‘n handvol oorryp bloubessies ook by. Dis ook baie lekker met kaneelsuiker.

Oondgeroosterde Lamsnek

Posted in Recipe

AGRI-PULSE - Die geheim van die kook van die hemelse en gesogte  Stadige Oond Geroosterde Lamsnek wat plaaslike inwoners en besoekers laat terugkeer na die Red Ox Steakhouse in Upington, word uiteindelik onthul!
Soos Virginia Woolf in A Room of One’s Own gesê het: ‘’n Mens kan nie goed dink nie, lief hê of lekker slaap as jy nie lekker geëet het nie.’ Met elke besoek aan die Red Ox Steakhouse beloof hulle ‘n uitstekende diens van hul vriendelike personeel, en om alles te kroon, sal jy nie teleurgesteld wees deur die smaaklike geregte wat deur hul topsjef en die beste kombuispersoneel voorberei word nie.
Maaltye om oor huistoe te skryf en smake wat jou na ‘n droomwêreld sal wegvoer, verseker dat besoekers terugkom vir nog..
Lamsnek word taamlik onderskat, maar gegewe die regte gaarmaakmetodes, kan lamsnek ‘n vaste familiegunsteling wees as jy gaan aansit vir ‘n lekker familiefeesmaal.
Dit is ook ‘n handige opsie vir spesiale geleenthede, wanneer mense saamkom om geloof, familie en fees te vier.
In plaas daarvan om ure voor die stoof deur te bring, kan jy hierdie gereg eenvoudig in die oond gooi en eerder hierdie kosbare tyd gebruik om met weer bande met geliefdes te versterk. Daar is eintlik net een manier om ‘n lamsnek gaar te maak: dit moet stadig gebak word, sodat die sappe hul magiese uitweking op die vleis kan hê en deur aartappels en ander groente smake gekomplimenteer kan word . Daar is glad geen punt daarin om lamsnek gaar te maak as dit nie toegelaat word om sag te word nie.

Die Red Ox Stadige Oond Geroosterde Lam Nek

Bedieningsvoorstel:
Verdik die sous met meelblom, Bisto of Knorr Brown Roux. Dien op saam met kapokaartappels, seisoenale groente en ‘n glas medium-rooiwyn soos Pinot Noir.
Pinot Noir en lamsvleis is dikwels ‘n perfekte pasmaat, want die suur en helder vrugtige note in Pinot Noir dien as ‘n lekker aksent vir die aardse rykheid van lamsvleis.

Bestanddele:
1 Lamsnek rou 1kg
1 Groot ui in 1/4 gesny
5 Naeltjies
150ml Water
150ml Rooiwyn
6 Eetlepels Red Ox Spice

Metode:
Voorverhit die oond op 180°C. Vryf die nek goed in met Red Ox Spice en plaas dit in ‘n diep oondbak. Voeg naeltjies, wyn en water by en bedek die bak met tinfoelie. Rooster die nek vir drie tot drie en ‘n half uur teen 180°C.

Werner se taai marinade-skaapstertjies

Posted in Recipe

AGRI-PULSE - Die Noord-Kaap is vleiswêreld - skaapvleiswêreld. Hier eet hulle die hele skaap, pens en pootjies... En ja, veral graag die stertjies. Skaapstertjies is ’n tradisionele lekkerny wat as delikatesse nuwe gewildheid geniet, amper soos die hedendaagse gewilde skaaptjoppie. Alhoewel stertjies as afval geklassifiseer word, stem baie mense saam dat stertjies in ’n klas van hul eie is. Stertjies bevat heelwat vet en been, maar met die regte voorbereiding is die happies geurige vleis tussenin smullekker. Werner Strauss, streekskoördineerder van Afriforum in die Kalahari, het onlangs kennis gemaak met hierdie eg tradisonele Suid-Afrikaanse gereg. Hy het sy eie weergawe van ‘n gewilde skaapstertjie resep met ons gedeel.


Sagte stertjies - wat jy nodig het:

1 kg skaapstertjies
Aromat
2 skote asyn
‘n handvol koljander
5-7 naeltjies
2-3 lourierblare/lemmetjie blare
Genoeg water om die skaapstertjies in ‘n pot te bedek
Voeg al die bestanddele in ‘n stoompot of multi-pot en kook dit vir 20 minute onder druk.


Marinade:

1/4 koppie tamatiesous
1/4 koppie Worcestersous
1/4 koppie soetrissiesous
1/4 koppie sojasous
2 eetl bruinsuiker
1 gekapte rissie of 1/2 teelepel gerookte paprika
‘n Paar druppels vissous - opsioneel

Laat lê jou saggekookte skaapstertjies in marinade vir so 30 minute voor jy dit oor matige kole braai om dit taai te maak. Onthou om die stertjies gereeld en goed te bedruip terwyl jy dit braai. Sodra jou skaapstertjies ‘n lekker taai tekstuur kry, haal dit van die kole af en sit dit voor as voorgereg of selfs as hoofgereg. Strooi sesamsaad oor en versier met koljander of plaas ‘n roosmaryntakkie op die bord om dit ekstra mooi te laat lyk.

Volg die skakel http://bit.ly/wernerskaapstertjies en braai saam met  Werner en Agri-Pulse.

Lees meer hier: http://www.agripulse.co.za/latest-issue