Latest News

Boer beeste beter

Posted in Latest News

James Blignaut

Golwend staan die gras in die laatmiddagson, beeste ikonies soos kaneelsuiker daarin gestrooi.  Die hart klop warm.  Afrika is beeste, beeste is Afrika; die smaak van moerkoffie en die reuk van warm kraalmis roer jou binneste.  Dit reik diep – worteldiep.

Boetiekbier: Wanneer kuns en wetenskap trou

Posted in Latest News

Agri-Pulse - Rustenburg - Daar is ‘n rede hoekom boetiekbier in Suid-Afrika by die dag in gewildheid groei.
Ja, dis makliker en ‘n bietjie goedkoper om by jou naaste drankwinkel in te stap en jou sespak uit die yskas te gaan haal. Maar as jy karakter in jou drank soek, is ‘n goeie boetiekbier - met die klem op goeie - die ware Jakob.

NWK vier 110de bestaansjaar

Posted in Latest News

Agri-Pulse - Noordwes - Lichtenburg - Op 4 Mei 2019 het NWK sy 110de bestaansjaar gevier. Hierdie is nie net ‘n werklik merkwaardige prestasie siende dat meeste ondernemings se bestaanstydperk net sowat 25 jaar lank is nie, maar NWK is ook die oudste koöperasie in die land.

Landbou kan binne een jaar die oplossing vir beurtkrag bied

Posted in Latest News

AGRI-PULSE - NOORDWES - Agri SA se lede het die vermoë om elektrisiteit deur sonkragopwekking te verskaf, wat nodig is om toekomstige beurtkrag te voorkom. Daar is reeds 500 aansoeke vir sonkragopwekkingsaanlegte, wat die potensiaal het om 1 400 MW by te dra om druk op die
kragnetwerk te verlig. Indien die administrasieprosesse gestroomlyn word, kan dié 500 aansoeke en ander uitgerol word.