Latest News

Presisie Boerdery is die TOEKOMS!

Posted in Latest News

Wêreldwyd draai industrieë na geintegreerde digitale produkte wat verhoogde produktiwiteit beloof. Hierdie effektiewe benadering lei dan tot ‘n groter omset, iets waarna elke besigheid streef.

Die Landbou sektor is geen uitsondering nie. Vooruitstrewende boere maak gebruik van die beste tegnologiese toerusting vir verhoogde opgrengse teen ‘n laer koste.

Dunedin se lemoene laat geskiedenis herleef

Posted in Latest News

AGRI-PULSE – NOORDWES - Teen die hange van die Magaliesberg (ons wonder hoeveel stories in die Noordwes-provinsie het al met dié inleiding begin?) net oos van Rustenburg lê die eertydse plaas Dunedin van die legendariese George Rex – vandag wêreldwyd bekend as die "Vader" van die Rex-Union lemoen waarvan daar in ‘n stadium sekerlik die lekkerste marmalade op Moeder Aarde gemaak is – vandag nog is daar seker minder plekke as vingers aan jou een hand waar die wêreldbekende Rex-Union Lemoen nog beskikbaar is.

Fendt-monstertrekkers maak buiging by Nampo 2017

Posted in Latest News

AGRIPULSE - BOTHAVILLE – Fendt-trekkers is vanjaar vir die eerste keer by die jaarlikse Nampo-oesdag by Bothaville bekend gestel. Nie minder nie as vier van Fendt se modelle is aan die publiek voorgestel. Maar Suid-Afrika is mos maar V8-"country", dus was dit nie ‘n verrassing dat die grootste en sterkste Fendt-trekker die leeue-aandeel in belangstelling geniet het nie.

Om die volle storie te lees, kyk na ons Agri Pulse June 2017 uitgawe.