Latest News

Wigwam - jou eerste keuse vir stylvolle aftrede

Posted in Latest News

Die Wigwam Aftreelandgoed sowat 15 km buite Rustenburg het oor die afgelope drie jaar ongetwyfeld die leiding geneem as die mees gesogte aftree-opsie in die Noordwes-provinsie. Heerlik knus aan die voetenent van die magiese Magaliesberge troon dié oord uit bo die konvensionele en selfs akkommodasie-instellings in die privaatsektor of toerismenywerheid sal moet diep delf om behoorlik kers vas te hou.

Maak jou lewe makliker met EZ Spray

Posted in Latest News

AGRIPULSE - Onthou jy nog die dae van ‘n hand-aksie rugspuit op jou rug waarmee jy letterlik moes swoeg om ‘n behoorlike toediening van vloeistof-plaagbeheer/voeding in huishoudelike-, kommersiële- of die landbou-sektor te verseker.
Danksy nuwe tegnologie hoef jy geensins meer natgesweet of gefrusteerd te wees wanneer dit huistoegaantyd is nie.

Eet sampioene en beveg borskanker

Posted in Latest News

AGRIPULSE – RUSTENBURG - In Suid-Afrika spog ons met verskeie inisiatiewe waarby die totale gemeenskap betrokke is om kanker te bestry. Vandeesmaand is geen uitsondering nie. Het jy geweet dat Oktobermaand tot Borskankermaand verklaar is? Met ander woorde, allerlei aksies en programme om onder die publiek ‘n bewustheid van die gevare, oorsake en risikos van borskanker te bevorder. 

SV9054YG* ‘n uitvoergehalte zucchini (murgpampoentjies)

Posted in Latest News

Agri-Pulse - NOORDWES - Een van Nuvance se flagskip kultivars is natuurlik die immergewilde SV9054YG* zucchini, een van Seminis se vele topprodukte wat veral deur boere in die Limpopo-provinsie aangeplant word. Genoemde zucchini is ‘n baie mooi donker en silindriese ‘marrow’. Nadat ‘n kliënt SV9054YG* een keer geplant het, bly hy/sy gewoonlik dié varieteit aanplant en behaal hy/sy newens vinnige oesgereedheid ook uitstekende opbrengste.