SA jubel oor grootste mielie-oes in geskiedenis!
AGRIPULSE – NOORDWES – Na ‘n ongekende droogte van bykans twee jaar – die grootste die afgelope eeu en daarna geteister deur ‘n plaag van kommandowurm in talle belangrike mielieproduksie-areas, het mielies en –produsente maar aan die spreekwoordelike agterspeen gesuig en talle mielieboere het waarskynlik in dié tyd van beproewing gewonder of melkboerdery nie dalk ‘n beter opsie is nie.