Latest News

Agri SA sê politieke leierskap beduiwel die ekonomie

Posted in Latest News

“South Africa has the means, the goodwill, the people and the resources to eliminate poverty and reduce inequality. But it will not happen unless we write this new story, a story of people, their relationships, their dreams and their hopes for a better tomorrow”.

AgriPulse - Die kabinetskommeling, soos gisteraand aangekondig, gaan nie net oor individue nie, maar meer oor die onderliggende boodskap wat uitgestuur word, veral ten opsigte van die ekonomie, sê Johannes Möller, President van Agri SA.

Swaar reën bring skade maar ook belowende oes!

Posted in Latest News

AGRIPULSE - NOORDWES – Goeie nuus uit die Noordwes: die droogte is finaal gebreek – en dit blyk of daar nog baie meer reën vir die provinsie op pad is!

Verlede week het die Suid-Afrikaanse Weerdiens ‘n waarskuwing van swaar reën en vloede in die Noordwes, Vrystaat, KwaZulu-Natal, Gauteng en Mpumalanga uitgereik. Dit volg na die swaar reën wat verlede week in meeste dele van Suid-Afrika geval het.

Waar’s my binneband – ek moet lande toe?

Posted in Latest News

AGRIPULSE - WESSELSBRON - Met die voortgesette goeie neerslae vandeesweek blyk dit ‘n uitgemaakte saak te wees dat alle vorige rekords van die afgelope paar dekades oortref kan word.

Oor die afgelope naweek – trouens – sedert Sondagaand verlede week, was dit slegs Sondag ‘n sonskyndag en vir baie mense was dit tekenend dat die swaar reën van die afgelope tyd voorlopig die wyk sou neem. 

Donkie massa-moord trek wêreld se aandag

Posted in Latest News

AGRI PULSE - UPINGTON - Die onlangse ontdekking van ‘n “verskriklike massa donkie-moord-toneel” in Olifantshoek in die Noord-Kaap, waar honderde donkies  glo ingelok is en met hamers geslaan en lewendig afgeslag is, en berigte in die nasionale media verlede week dat meer as 5 000 donkie huide gevind is in ‘n plakkershut en ‘n metaal verskepingshouer in Benoni ontdek is, het die wêreld se aandag op hoe winsgewend die onversadigde Chinese aanvraag op donkievleis en -velle kan wees.

Heuning – ‘n stroopsoet storie…

Posted in Latest News

“Spys het uit die eter uitgegaan, en soetigheid uit die sterke…” Met dié raaisel het Simson die Filistyne om die bos gelei en was dit nie vir die vrou wat hom “verraai” het nie, sou die uitleg vir dié raaisel seker tot vandag toe nog, wel, ‘n raaisel gebly het… 

AGRIPULSE - Simson het op dié idée gekom nadat hy ‘n swerm bye met die soetste heuning in die karkas van ‘n leeu afgekom het wat hy vroeër verskeur het…

Profeet of Bybel vir plaagbeheer?

Posted in Latest News

AGRIPULSE - Die wêreld is deesdae ‘n deurmekaar plek met opstande, oorloë, finansiële ineenstorting, handelsboikotte en allerhande ander dinge wat mense laat dink die einde is naby. Tussendeur loop vals profete soos slinkse slange en verkondig allerhande onwaarhede wat deur die mense as die evangelie aanvaar word. Dit is verstommend hoe goedgelowig – of dalk naïef – die mensdom geword het.

Droogtes, vloede kom in siklusse…

Posted in Latest News

NOORDWES – ‘n Storie oor ‘n koerantuitknipsel wat skynbaar uit 2004 dateer en waarin een of ander weerpatroondeskundige – ene “Alexander” – glo voorspel dat die droogte van 20-15 en 2016 deur “groot” vloede gebreek gaan word, het die internet en die sosiale media tans aan die praat. 

Om die volle storie te lees, kyk na ons Agri Pulse Desember 2016 uitgawe.