Beesvleis Wellington

Written by Zandre Strauss. Posted in Recipe

Benodigdhede
*400g beesfilets
*20 ml (4 t) olie
*500g sampioene, fyngemaal
*Een tiemie takkie, gebruik net blare
*15 ml (1 e) botter
*Agt stukke ham
*Twee rolle skilferkorsdeeg
*Sout en peper na smaak
*Twee eiergele, met `n teelepel water en knippie sout bygeklits

Metode:
Voorverhit die oond tot 225 °C.
*Smeer die filet met ’n bietjie olie en seel albei kante vir sowat `n minuut in braaipan.
*Braai die ui, sampioene en ham in die botter tot gaar en droog. Laat afkoel.
*Rol die deeg effens dunner uit op ’n meelbestrooide oppervlak.
*Skep die sampioenmengsel op die deeg en plaas die filet bo-op.
*Verf die kante van die deeg met water en vou toe.
*Verseël en sny die oortollige deeg af.
*Plaas die Wellington met die voukant na onder op ’n bakplaat.
*Verf liggies met die geklitste eiergeel en bak 20-25 minute of tot goudbruin en gaar.

Kliek HIER vir die video.