Oondgeroosterde Lamsnek

Written by Zandre Strauss. Posted in Recipe

AGRI-PULSE - Die geheim van die kook van die hemelse en gesogte  Stadige Oond Geroosterde Lamsnek wat plaaslike inwoners en besoekers laat terugkeer na die Red Ox Steakhouse in Upington, word uiteindelik onthul!
Soos Virginia Woolf in A Room of One’s Own gesê het: ‘’n Mens kan nie goed dink nie, lief hê of lekker slaap as jy nie lekker geëet het nie.’ Met elke besoek aan die Red Ox Steakhouse beloof hulle ‘n uitstekende diens van hul vriendelike personeel, en om alles te kroon, sal jy nie teleurgesteld wees deur die smaaklike geregte wat deur hul topsjef en die beste kombuispersoneel voorberei word nie.
Maaltye om oor huistoe te skryf en smake wat jou na ‘n droomwêreld sal wegvoer, verseker dat besoekers terugkom vir nog..
Lamsnek word taamlik onderskat, maar gegewe die regte gaarmaakmetodes, kan lamsnek ‘n vaste familiegunsteling wees as jy gaan aansit vir ‘n lekker familiefeesmaal.
Dit is ook ‘n handige opsie vir spesiale geleenthede, wanneer mense saamkom om geloof, familie en fees te vier.
In plaas daarvan om ure voor die stoof deur te bring, kan jy hierdie gereg eenvoudig in die oond gooi en eerder hierdie kosbare tyd gebruik om met weer bande met geliefdes te versterk. Daar is eintlik net een manier om ‘n lamsnek gaar te maak: dit moet stadig gebak word, sodat die sappe hul magiese uitweking op die vleis kan hê en deur aartappels en ander groente smake gekomplimenteer kan word . Daar is glad geen punt daarin om lamsnek gaar te maak as dit nie toegelaat word om sag te word nie.

Die Red Ox Stadige Oond Geroosterde Lam Nek

Bedieningsvoorstel:
Verdik die sous met meelblom, Bisto of Knorr Brown Roux. Dien op saam met kapokaartappels, seisoenale groente en ‘n glas medium-rooiwyn soos Pinot Noir.
Pinot Noir en lamsvleis is dikwels ‘n perfekte pasmaat, want die suur en helder vrugtige note in Pinot Noir dien as ‘n lekker aksent vir die aardse rykheid van lamsvleis.

Bestanddele:
1 Lamsnek rou 1kg
1 Groot ui in 1/4 gesny
5 Naeltjies
150ml Water
150ml Rooiwyn
6 Eetlepels Red Ox Spice

Metode:
Voorverhit die oond op 180°C. Vryf die nek goed in met Red Ox Spice en plaas dit in ‘n diep oondbak. Voeg naeltjies, wyn en water by en bedek die bak met tinfoelie. Rooster die nek vir drie tot drie en ‘n half uur teen 180°C.