AGRI-PULSE - RUSTENBURG - Die Saalrug ‘Pomeranian’ Gans het sy oorsprong in Duitsland en word geklassifiseer as ‘n mediumgrootte gans. Die volwasse mannetjies weeg 8,2 tot 10,9kg en die wyfies 7,3 tot 9,1kg.
Die ‘Pomeranian’ het sy naam gekry van die vorige Provinsie ‘Pomeranian’ wat geleë was aan die suidelike kus van die ‘Baltic’ See. Die ‘Pomeranian’-wyfie is uniek onder die mak ganse vir hul enkelgelobde maag en kenmerkende kleurpatroon.
Die ‘Pomeranian’ vertoon feitlik horisontaal, die liggaam is redelik lank, vol en diep en die rug is effens konfeks en is ongeveer 60% langer as wat dit breed is. Die maag is redelik breed, diep en enkelgelob, vlerke is redelik lank met die punte wat kruis oor die stert. Die stert is kort, vere sit styf teenmekaar en word horisontaal gedra. Die kop is redelik breed en plat bo-op, die bek is pienk tot ‘n donkervlesige kleur, mediumlengte, reguit en dik. Die oë is blou, groot en prominent. Die nek is mediumlengte, redelik dik en reguit, sonder enige buiging. Die bene en pote is rooi/pienk en mediumlengte. Die kleur van die gans is ‘n grys saalrug, kop is donkergrys, boonste gedeelte van nek is donkergrys, onderste gedeelte wit en die bors, lyf, vlerke en stert is wit. Vir enige navrae oor die ras of indien jy wil aansluit by die Rustenburg Pluimveeklub, sms of whatsapp Dawie by 071 196 7696.