Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sidebar

03
Tue, Dec

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

AGRI-PULSE - RUSTENBURG - In die strewe na volhoubare en suksesvolle grondhervorming, kan die rol van Communal Property Associations (CPAs) nie genoeg beklemtoon word nie. 
Dít is veral sigbaar in kapasiteitsbou en effektiewe bestuurspraktyke.

Terwyl gemeenskappe regoor die land voortdurend met die ingewikkelde eise van grondeienaarskap en -gebruik stoei, is dié probleem grotendeels daaraan toe te skryf dat opleiding en bemagtiging van CPA-lede nie tot volle reg kom nie. Om volhoubare landbougrondherstel en stabiele groei in gemeeskappe te bewerkstellig, is die nodige ontwikkeling en bemagtiging van CPA-lede broodnodig, sodat grondherstel en stabiliteit in hiérdie gemeenskappe bevorder kan word.
Grondhervorming kan ‘n betekenisvolle rol speel om sosiale ongelykhede, ekonomiese ontwikkeling en produktiewe gebruik van landbougrond aan te spreek. Die Barokologadia-gemeenskap van CPA in Noordwes is ‘n bewys hiervan, aangesien daar reeds sukses behaal is in hierdie omgewing. CPAs wat reeds getoon het dat grondhervorming suksesvol kan plaasvind, maak egter grootskaals staat op die bekwaaheid van begunstigdes om hul boerderygrond produktief te gebruik.
Die regering self het ook uitdagings wat oorbrug moet word om die sukses van grondhervorming in gemeenskappe te bevorder. Die grootse hindernis is ongetwyfeld beperkte finansiële bydraes en grondvlakinstellings wat die effektiewe implementering van geslaagde grondhervorming moet/kan bewerkstellig. Regeringsondersteuning, in samewerking met begunstigdes in gemeenskappe, vorm deel van die pogings wat aangewend word om geslaagde grondhervorming daar te stel.
Maar ook, staar die CPAs voortdurende struikelblokke in die gesig - insluitend hul grondwet wat nie nagekom word nie, gebrek aan operasionale beleide, die feit dat prosedures om die administrasie van daaglikse werkwyses te verfyn nie nagekom word nie, asook die gebrek daaraan om noodsaaklike vergaderings te hou en terugvoer aan lede te gee en uiteindelik, die feit dat jaarlikse finansiële verslae en terugvoer oor finansies ontbreek. Noodsaaklike uitvoering van bogenoemde sake word ongelukkig belemmer deur probleemsituasies soos ‘n tekort aan hulpbronne, logistieke beperkinge en wisselende vlakke van gereedheid onder CPA-lede. Bowenal, veroorsaak die wye verskeidenheid van sosiale en ekonomiese kontekse waarin die CPA funksioneer, dat alreeds moeilike kapasiteitsbou-pogings belemmer word.
“Volhoubare ondersteuning en pasgemaakte ingryping is nodig om kapasiteitsprobleme wat CPAs raak, effektief te hanteer,” noem Peter Setou, uitvoerende hoof van die Vumelana Advisory Fund, ‘n nie-winsgewende organisasie wat begunstigdes bystaan om grondhervormingsprogramme uit te voer en produktiwiteit te bevorder. “Vumelana se CPA-ondersteuningsprogramme verstaan die onmiskenbare rolle wat goed bestuurde instansies in grondhervorming speel, asook die noodsaaklikheid om skenkings te bekom, die doel van werkskepping sodat inkomste gegenereer kan word in gemeenskappe en om tot ekonomiese uitbreiding in die breër kontekste van beide inkomstegenerering en sosiale kontekste by te dra,” sê Setou.
Die program verskaf omvattende bemiddelling wat daarop gemik is om in die eensoortige behoeftes van elk van die begunstigde-gemeenskappe te voorsien. Ook, deur vennootskappe met privaatborge, kan gemeenskappe hul landbougrond as ‘n houvas gebruik om ekonomiese ontwikkeling daar te stel. “Ons toewyding aan kapasiteitsbou is daar om te verseker dat volhoubare grondhervormingsprogramme in plek gestel word, waar daar begrip is dat grondhervorming deur meertallige belanghebbendes tot stand gebring kan word,” sluit Setou af.