Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sidebar

09
Fri, Oct

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

AGRI-PULSE – NOORDWES - Willem de Chavonnes Vrugt, veeboer in die Setlagole-omgewing, is onlangs verkies as die nuwe president van Agri SA tydens die organisasie se jaarlikse kongres in Pretoria. Daarbenewens is Derek Mathews, graanprodusent naby Lichtenburg, verkies as visepresident van Agri SA.
De Chavonnes Vrugt volg in die spore van uittredende president Jaco Minnaar, en beklee sy nuwe posissie met omvangryke ervaring in landbouleierskap, beleidsbeïnvloeding en strategiese bestuur. Onder sy leiding sal Agri SA voortgaan om sy missie te bevorder om ’n volhoubare, mededingende en inklusiewe landbousektor te verseker.

In sy aanvaardingsrede het De Chavonnes Vrugt sy verbintenis tot samewerking en vindingrykheid  op alle vlakke van die sektor herbevestig. “Ons moet saam staan — boere, landbou-ondernemings en die regering — om aanpasbaar te wees, geleenthede te ontgin en ’n toekoms te vorm wat beide mense en die landbou-ekonomie ondersteun,” het hy gesê.
Met ’n nuwe president aan die stuur, het Agri SA sy verbintenis om boere te ondersteun herbevestig deur beleidsbeïnvloeding en vennootskappe wat die hele landelike ekonomie versterk.
Agri SA het hul dank uitgespreek teenoor alle afgevaardigdes en geaffilieerdes wat aan die kongres deelgeneem het, en waardering betuig aan die uittredende leierskap vir hul toegewyde diens en bydrae tot die organisasie se missie.
Willem de Chavonnes se boodskap aan die landbousektor
“Ons land se boere staar uiteenlopende uitdagings in die gesig: van biosekuriteit en klimaatsverandering tot die druk van veranderende beleide en markte. Agri SA verteenwoordig ’n wye spektrum van produsente en ons glo dat ingeligte, gesamentlike besluitneming die sleutel is tot ’n volhoubare toekoms.
“Landbou vorm die ruggraat van Suid-Afrika se landelike ekonomie. Wanneer landbou groei, groei gemeenskappe — werkgeleenthede word geskep, besighede floreer, en dorpe kry nuwe lewe. Agri SA glo dat volhoubare groei in landbou slegs moontlik is waar daar samewerking, gesprek en vertroue tussen produsente en die breër samelewing is.
“Deur saam te werk, kan ons verseker dat beleide die boer ondersteun, dat infrastruktuur in stand gehou en uitgebrei word, en dat landbou as ’n strategiese sektor erken word. Elke plaas, groot of klein, dra by tot voedselsekerheid, werkskepping en ekonomiese stabiliteit.
“Agri SA sal voortgaan om te werk vir ’n omgewing waar boere met groter sekerheid kan produseer en waar beleide ekonomiese groei bevorder. Wanneer landbou sterk is, is Suid-Afrika sterk. En wanneer ons hande vat, maak ons ’n verskil — nie net vir onsself nie, maar vir elke gemeenskap.”