Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sidebar

11
Sat, Jan

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

AGRI-PULSE – LICHTENBURG - Jacobus Alwyn (Kobus) Beyers (39) is as Agri NW se nuwe Jongboer vir 2024 aangewys op Vrydag, 19 April tydens ‘n glansryke dinee, by NWK se Opleidingsentrum.  Agri Jongboer NW is die slegs die eerste stap in Kobus se ambisie, aangesien hy later vanjaar moontlik met die Agri SA se Jongboer van die Jaar-titel kan wegstap.

Wat mens dadelik tref van hom is dat hy ‘n boer is – in liggaam en gees. Kobus is ook ‘n gesinsman, getroud met Stephanie - en hulle het drie kinders. Hy is oral betrokke en hou daarvan om mense te help – hy glo dit is ‘n goeie leerskool met baie vaardighede vir elkeen. Hyself is betrokke by die SAFV, Bejaardesorg en is deel van die Hulpfonds van sy Studiegroep en nog meer. 
Kobus en sy broer, Nelius, boer saam op Doornpan in die Wolmaransstad-omgewing. In 2017 het hulle saam met hulle pa in ‘n ander onderneming, Al Cor Boerdery begin boer. Na sy pa se afsterwe in 2021, het die twee broers die grond en maatskappye geërf. Sedertdien, het Kobus en Nelius die boerdery uitgebrei. 
Hulle bedryf ‘n gemengde boerdery, met 50/50 aandeel elk en gedeelde verantwoordelikhede. Kobus is verantwoordelik vir die bestuur van die veefaktor, wat bestaan uit die kommersiële vleisbeeskudde en ‘n Dorper-skaapstoet. Hy het ‘n kuddebestuurder wat hom help sodat hy ook tyd het vir die bestuursaspekte van die boerdery. Hy doen die adminstrasie van die saaiery rondom die chemie, kunsmis, saad en bemarking. Kobus en Nelius neem saam besluite en hul administrasie is soos Kobus dit stel, “tradisioneel”, maar wat rekordhouding aanbetref, word dit nougeset op datum gehou en dit verseker doelgerigte en ‘n gebalanseerde boerdery. Die Beyersbroers se boerderyvertakking en % bydrae tot omset beloop: mielies 55.5%, sojabone 22%, sonneblom 15%, speenkalwers 6.5% en Dorperstoet 1%. 
Kobus is passievol oor boerdery - of dit nou met vee of saaiery te doen het. Elke seisoen het uitdagings en dit maak dit vir hom lekker. Hy maak gebruik van landboukundige agente en beskikbare tegnologie. Dan neem hy ook deel aan groepveilings, maar hy glo jaarlikse produksieveilings sal te veel druk plaas op sy skaapstoet se volhoubaarheid. 
Elke oggend word die dag se take deurgegee sodat dat daar goeie kommunikasie is en elkeen weet wat  van hom/haar verwag word. Opvolg en terugvoer word dan deur die verloop van die dag gedoen. Na 18 jaar in boerdery glo Kobus steeds dat daar ‘n toekoms is vir boere, en jongboere, in Suid-Afrika. Al is voedselsekerheid onder druk, is dit noodsaaklik dat dit volhoubaar moet bly deur die klimaatsveranderinge, op-en-af wisselkoerse, natuurrampe en onsekere politiek. Jongboere kan ‘n leidende rol speel met hulle innoverende idees, energie en passie vir boerdery. Sy visie vir boerdery is: “Om doelgerig te streef na ‘n volhoubare en winsgewende besigheid vir Suid-Afrika en die nageslag. Goeie ingeligte besluite te neem rondom ons insette asook die beplanning van gewasse vir wisselbou, aangesien ons grondvog ‘n groot rol speel en om die skaapstoet tot sy volle potensiaal te ontwikkel.”
Kobus is sonder twyfel ‘n waardige kandidaat vir SA Jongboer van die Jaar!