Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sidebar

16
Wed, Oct

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

AGRI-PULSE – RUSTENBURG – Cayuga-eende het hul oorsprong in Amerika. Hierdie eende is ‘n swaargewig-eend en die mannetjies weeg 3,6 kg en die wyfies 3,2 kg. Hulle lê wit eiers. Die naam Cayuga kom van die Cayuga-meer in New York.

Algemene karaktertrekke van hierdie eende is, hulle is lewendig, die maag en bors raak nie aan die grond nie, die liggaam is lank, breed en diep, die bors is breed, vol en prominent met ‘n skoon onderlyn. Die stert staan ver agter uit en styf toegevou, mannetjies se drie middelstertvere is gekrul na bo terwyl die wyfies se stertvere almal reguit is. Die kop is groot, lank en breed en grys-swart van kleur. Die nek is lank en effens gebuig. Die bene is redelik lank en sterk met plat pote en is ‘n dowwe oranje-bruin kleur. Die oë is swart. Die Cayuga kom slegs in swart met ‘n groen skynsel voor en het geen pers of wit vere nie.
Vir meer inligting aangaande die ras en telers of indien jy by die Rustenburg Pluimveeklub wil aansluit, SMS of WhatsApp vir Dawie by 071 196 7696.