Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sidebar

16
Wed, Oct

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Naas Grové - President: Dendrologiese Vereniging van Suid-Afrika

AGRI-PULSE - NOORDWES - Al ooit gehoor dat iemand verwys na sekere kenmerke van ‘n boom as dikwels, soms, meestal, bykans, skaars, selde, amper?  Dit is maar ’n paar woorde wat ‘n aanduiding is van die frustrasie waarmee ’n dendroloog mee verlief moet neem.

Dit is dus belangrik wanneer ons na bome kyk, om ‘‘n breër, soepel benadering in die identifikasieproses te handhaaf. Om hierdie soepel benadering te definieer, is egter net so moeilik as om die evolusie van biologiese veranderlikes, as gevolg van omgewingsverskille, te verstaan. ’n Voorbeeld van so ’n biologiese veranderlikheid is ‘n krokodil wat aanpas by ’n omgewing wat omring is met baie lang gras. Die krokodil sal waarskynlik op kleiner wild en selfs voëls jag maak. ’n Oënskynlike ander groter tipe krokodil sou byvoorbeeld weer aangetref word in ’n rivier met groot, diep poele water, waar dit waarskynlik groter wild wat kom water suip en visse sal vang.  Die twee tipes krokodille is van presies dieselfde spesie, maar as gevolg van die omgewingsfaktore wat verskil, is die een groter as die ander een en verskil hul diëte om by die verskille in die omgewing aan te pas.
Verskille soos dié is belangrik vir die oorlewing van die krokodil en wanneer die twee tipes krokodille met mekaar sou paar, sal die gene van die twee individue dus tussen mekaar uitgeruil word. Die natuur maak sterk staat op hierdie uitruiling van gene sodat juis die verskille kan vermeng, om sodoende ‘n kombinasie van gevorderde aanpasbaarheid en beter oorlewing te bewerkstellig.   
Die blomme van plante het presies dieselfde doel. Blomme trek insekte en voëls nader wat stuifmeel van een plant na ‘n ander plant dra en op dié wyse word die verskille van plante vermeng in nuwe genekombinasies. Hoe hierdie vermening deur die eeue plaasgevind het, is duidelik sigbaar by die verskillende etniese groepe onder mense. ‘n Paar eeue gelede was die etniese groepe redelik geïsoleerd en het hulle nie baie rondbeweeg nie. Etniese groepe het dus uitstaande, herkenbare kenmerke gehad.  Toe hulle egter begin rondbeweeg en met ander etniese groepe vermeng, het hiérdie duidelik verskilllende etniese kenmerke stadig maar seker verdwyn.  
Wat het dit met bome te doen, kan u met reg vra? Wel, afgesien van die ooglopende kenmerke soos die blare, die blomme en die sade, is daar ook minder opsigtelike verskille wat individuele plante binne spesieverband van mekaar kan onderskei, juis as gevolg van hierdie sogenaamde biologiese veranderlikes wat spontaan in die natuur voorkom. Hierdie verskille word nie deur die omgewing beïnvloed nie en sal konstant bly, al word die plant na ‘n ander omgewing of habitat verskuif. Dit is dus nie ‘n geval van tydelike ontogenetiese plastisiteit nie. Laasgenoemde is die gevolg van spanningstoestande wat die plant die vermoë gee om sy groeipatroon te verander, bv. ‘n jong kremetart het enkelvoudige blare en in die oorgang van saailinge na volwasse plante, verander die blare van enkelvoudig na saamgestelde blare met  3 - 9 pare blaarveertjies per blaar. Jong plante van doringagtige spesies se dorings is baie meer prominent en soms onderontwikkel - of selfs heeltemal afwesig by volwasse plante.
Algemene voorbeelde van intrinsieke variasie is die verskil in blomkleur van individue van dieselfde spesie. Wit blomme by jakaranda en vanwykshout, geel blomme by worsboom, ens. kom redelik algemeen voor. Navorsing het bevind dat daar 34 verskillende gene betrokke is by die produksie van pigmente wat die verskillende blomkleure bepaal. Daar is dus ‘n aantal plekke in dié proses waar die blomkleur deur mutasie verander kan word, nie deur die skepping van nuwe gene nie, maar deur die verandering van bestaande gene. Terwyl hierdie “korrupsie” van die genetiese kode kan lei tot interessante genetiese variasie in blomkleur, is dit nie voldoende vir die proses van evolusie om op groot skaal nuwe funksionele gene en nuwe genetiese kode te skep nie. 
Dus, alhoewel sekere eienskapvariasies in blomkleur (wit of geel, ens.) by sekere individue kan voorkom, sal die blomme wat die kleurvariteit dra, bv. vanwykshout met wit blomme, wie se blomme gewoonlik pers is,  steeds aan dieselfde spesie behoort.