Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sidebar

16
Wed, Oct

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

AGRI-PULSE - UPINGTON - Die twee Hoft-sussies, wat beide Springbokruiters is, het onlangs tydens die Noord-Kaap Saalperd Streekskou wat op Upington gehou is, afskeid geneem van hul geliefde skouperd, EF Fever Pitch. Hy het nou afgetree op Straussburg by sy Hoft-familie, wat hom elke dag sedert sy tuiskoms, geniet en bederf.

Saam met Maralé en Narike en baie ure se afrigting, het EF Fever Pitch op skoubane regoor Suid-Afrika, gepronk. EF Fever Pitch is in Desember 2005 gebore uit die hings Juhanta Anti-Gravity en merrie, Juhantha Warrior’s Linda. Pa Rocco en Elmarie Hoft het die perd in 2009 aangekoop en onder die bekwame hande van die van der Westhuizen-familie van Straussburg, met ‘n vaart die skoubane aangevat en dadelik begin presteer met Maralé (10 jaar en onder klasse) en leiriemklasse met Narike. Die gesin het besluit om EF Fever Pitch na Bloemfontein te skuif vir afrigting onder Martin Pienaar van Dream Acres Equestrian Centre. Daarna het beide sussies presteer in ruiterkuns, in Kampioen van Kampioene en beide Protea-kleure verwerf, met die beste afrigter Martin en stalkneg Andries Seekoe. Tussen 2009, met Maralé en 2023, met Narike, het Fever en sy meisiekinders streekskoue, van leiriemklasse tot 18 jr en onder, SA Kampioen van Kampioene en Protea-proewe, maklik laat lyk. Met sy statige voorkoms bring hy verskeie 3-gang Kinderryperd-plasings en menige blou ruiterkuns rosette vir sy ruiters, waaronder twee maal Kampioen van Kampioene en twee maal Reserwe Kampioen van Kampioene en nog drie Kampioen van Kampioene-plasings. 
EF Fever Pitch was ook die Ruiterkuns Kampioen van 14jr en onder tot 18jr en onder, vir albei sy ruiters by vele skoue en SA kampioenskappe. Hy het ook saam met beide Marlé en Nike, die titel as beste Noord-Kaap 3-gang Ruiterkuns Ruiter en kapteine van hul onderskeie Noord-Kaap spanne behaal. Maralé en Narike Hoft het vyf maal Jnr Protea-kleure en twee maal Snr Protea-kleure behaal, asook twee keer Protea-kaptein tydens internasionale kompetisies. Fever het hul drome vlerke gegee en was die rede vir prestasie in uitnodigingskompetisies en Wêreldbeker-deelname in die VSA en RSA. En uit die mond van die SSSA President: Die Hoft-sussies van die Noord-Kaap sal nooit vergeet word nie.  “One hell of a horse with two talented, passionate sisters, enjoying his character and poise in the victory round!”