Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sidebar

01
Fri, Mar

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

AGRIPULSE – NOORDWES - Die term Groot Vyf, met verwysing na die jag van soogdiere in Afrika is oorspronklik ‘n jagterm wat deur grootwildjagters gebruik is. Dit was geskep om aan te dui hoe moeilk en gevaarlik dit is om sekere soogdiere te voet te jag.  Dit het dus glad nie verwys na die grootste dier of hoe skaars die betrokke spesie is nie. Dit is ‘n term wat trofeejagters regoor die wêreld aangegryp het en is vandag steeds in die jag- en toerisme bedryf aantreklike bemarkingsfoefies om toeriste teen groot tariewe na Afrika te lok. Hierdie verwysing na die Groot Vyf het aanleiding gegee tot die Groot Sewe (wat walvisse en witdoodhaaie insluit), die Klein Vyf (wat die mierleeu en bergskilpad insluit), Die Skugter Vyf (wat die meerkat, aardvark en ystervark insluit), die Lelike Vyf (wat aasvoëls, die gevlekte hiëna en vlakvark insluit) en die Super Twee met verwysing na die skaars wildehond en jagluiperd.

In die boomryk is daar natuurlik nie so ‘n erkende eenvormige verwysing na die Groot Vyf boomspesies om kers vas te hou by enige van die bogenoemde Groot Vyf nie.  Indien so ‘n verwysing wel bestaan het sou dit in elk geval ‘n baie moeilike keuse wees om te besluit wie dan die Groot Vyf is en op grond van watter kriteria so besluit word. 
Sou ‘n mens byvoorbeeld op boomhoogte besluit is die maatstaf nie so eenvoudig om te bepaal hoe ‘groot’ ’n individuele boom is nie. Sommige bome het ‘n natuurlike lang en skraal groeivorm, in teenstelling met ander wat ‘n bonkige of bottelvormige natuurlike groeivorm het. Daarbenewens het talle bome ‘n geweldige groot spreiende kroon en ander bome het weer ‘n ondergrondse bio-massa wat waarskynlik gelyk is aan die massa van die boom met die groot spreiende kroon. Watter boom is in hierdie geval dus die grootste?
Dit is ook so dat die inheemse bome in Suid-Afrika relatief klein is in vergelyking met byvoorbeeld die uitheemse bloekombome van Australië, die eikebome van Europa of die sipresse (veral die Sequoia sempervirens) van Kalifornië. Ons weet ook dat verskeie omgewingsfaktore ‘n rol speel in hoe groot ‘n boom uiteindelik word. Talle boomspesies het ‘n groot verspreidingsgebied binne Suid-Afrika en ‘n groot eksemplaar van ‘n bepaalde spesie in een streek kan ‘n verpotte voorkoms in ‘n ander streek aanneem. 
Die gesprek rondom die grootste bome in Suid-Afrika is ‘n baie ou een deurspek met subjektiwitiet en oordrewe skattings van hoogte, ouderdom en uiteindelik grootte. Die Dendrologiese Vereniging van Suid-Afrika reeds in die vroeë 1980’s ‘n lys van kriteria opgestel en ‘n formule ontwikkel om verskillende boomspesies te meet om sodoende op gelyke voet met mekaar te kan meeding met betrekking tot waarna verwys word as die groot boom indeks waarde.  Vanselfsprekend, sou dit onregverdig wees om alle bome in net een kategorie met mekaar te laat meeding, want dan sou broodbome, wat oerplante is, van meetaf gediskwalifiseer word. Die kriteria wat die Dendrologiese Vereniging saamgestel het, is die de facto standaard vir gesprekke rondom grootbome in Suid-Afrika. In die volgende paar maande sal ek meer gesels oor die grootste bome in Suid-Afrika wat aan die kriteria onderwerp is.