Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sidebar

27
Sat, Jul

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

AGRI-PULSE – LICHTENBURG – Baie mense het onlangs ontdek daar’s ‘n dorpie in die Noordwes met die naam van Biesiesvlei.
Dit was toe dié gemeenskap in die nuus was, maar vir ‘n klomp verkeerde redes. Biesiesvlei het middel-Julie nuusbulletins gehaal toe ‘n opgaarplek vir ou bande aan die brand geraak het. 
Agri-Pulse se susterpublikasie, Noordwester, het toe berig oor die plek wat nie net vir ‘n geruime tyd reeds ‘n seeroog vir die gemeenskap is nie, maar ook ‘n veiligheids- en gesondheidrisiko vir mens en dier inhou. 
Die opgaarplek, wat vier jaar gelede deur die Noordwes se Departement Bosbou, Visserye en Omgewingsake, begin is,  is feitlik op die walle van die Groot-Hartsrivier.  Die moeilikheid het begin toe ‘n veldbrand ontstaan het. Boere van die distrik het dadelik reageer, en het met hul brandbestrydingtoerusting die vuur probeer blus -maar weens die aard van die brand kon hulle nie veel utrig nie. Sterk winde het situasie vererger en die vlamme het vinnig versprei en die bandeopgaarplek was spoedig in vlamme. 

Die Ngaka Modiri Molema Distrikmunisipaliteit se brandweer het ook ingespring om die brand onder beheer te probeer kry, maar toe was groot skade reeds aangerig.  ”Ons as inwoners het die Departement gewaarsku dat dié bandeopgaarplek ‘n gevaar kan inhou, maar daar is niks daaraan gedoen nie. Ons kon nog nie na behore die skade bepaal nie; Dit gaan ‘n paar maande neem voordat die volle impak duidelik is,” het Peet Greeff, inwoner van Biesiesvlei gesê. Greeff is veral bekommerd oor die invloed wat die brand op die gehalte van die Hartsrivier se water gaan hê.  Die opgaarplek is in November 2019 deur die departement begin. Hulle het die sowat 30 000 vierkante meter gedeelte van ‘n plaas daar gehuur om ou bande te stoor.
Die gemeenskap het verskeie kere oor die probleem gekla en in Mei 2023 het die departement ‘n ondersoek van stapel gestuur. 
Na die ondersoek het die departement met die volgende oplossings voor en dag gekom:
Sedert 25 April is geen nuwe bande ontvang by die perseel nie.
Nege werkers is aangestel om te help om die bande oor te pak en oortolige plantegroei te beheer.
‘n Baler is afgelaai om te help om van die kleiner bande te baal 
Om bande te verskaf aan verskeie besighede in die omgewing. 
Weens die brand het verskeie boere weiding verloor, maar verder kon nog geen ander opname gemaak word om te sien wat die totale skade beloop nie.  Die boere wat gehelp het met die vuur blus het by verskeie maatskappy in die omgewing skenkings van kos en water ontvang.