Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sidebar

18
Fri, Oct

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

AGRI-PULSE – RUSTENBURG - Die Magpie Eend het sy oorsprong in Wallis en is ‘n liggewig eend. Die mannetjies weeg tussen 2,5 en 3,2kg en die wyfies tussen 2,0 en 2,7kg. Dit is ‘n treffende eend met sy swart en wit of blou en wit vere en is ‘n dubbeldoel ras vir vleis en eiers en is mediumgrootte.
Hulle bouvorm is redelik breed en diep, lang lyf, is sterk gebou en baie beweeglik. Dit het ‘n lang rug, is plat en breed, die bors is vol en rond, sterk vlerke en word styf teen die lyf gerda. Die stert is mediumlengte, mannetjies se hoofstertvere is gekrul en die maag is goed ontwikkel.

Die kop is reguit en lank, oë is groot en prominent, donkerbruin of donkergrys van kleur, bek lank en breed en geel tot diep oranje van kleur. Die nek is lank en sterk en effens gebuig. Die bene en pote is mediumlengte, wyd uit mekaar en oranje van kleur. Kop en nek wit met swart of blou vere bo-op. Die bors is wit, stert swart of blou vanaf die punt tot oor die rug asook die vlerke.
Vir enige navrae of as jy wil aansluit by die Rustenburg Pluimveeklub, sms of WhatsApp Dawie by 071 196 7696. (Foto’s: Google)