Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sidebar

08
Sun, Sep

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

AGRI-PULSE – RUSTENBURG – Die voormalige minister van Bosbou, Vissery en Omgewingsake, me Barbara Creecy, het onlangs ‘n kennisgewing in die regering se Gazette gepubliseer waarin die die publiek gevra word vir kommentaar aangaande die Biodiversiteitsbestuurplan vir wit en swart renosters in Suid-Afrika. Dié is in terme van afdeling 46 van die Nasionale Omgewingsbestuur: Biodiversiteitswet, 2004 (Wet nr 10 van 2004).

Die Swart- en Witrenoster Biodiversiteitsbestuurplan (BBP) beoog om ‘n strategiese benadering en gedetailleerde aksieplan daar te stel om renosters in Suid-Afrika te bewaar en om met ‘n verskeidenheid van belanghebbendes saam te werk. Die BBP sal werk maak daarvan om die voormalige werk en beleide om renosterbestuur op beplanningsvlak te hersien en slegs een geïntegreerde metode te konsolideer, sodat die Suid-Afrikaanse gemeesnkap in sy geheel, die belange van renosters kan bestuur. 
Lede van die publiek word uitgenooi om geskrewe verteeenwoordigings ten gunste van, of besware ten opsigte van die BBP, binne ‘n tydperk van dertig dae vanaf die datum van uitreiking van die kennisgewing (18 Junie 2024) in die Gazette, te rig aan die volgende adres:

Ter pos na:
Die Direkteurgeneraal: Departement van Bosbou, Vissery en Omgewingsake
Aandag: Me Humbulani Mafumo 
Privaatsak X447 
Pretoria
0001

Ter e-pos: 
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.  

Navrae aangaande die kennisgewing kan gerig word aan: 
Me Humbulani Mafumo by  This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.  of  012 399 9586 of 066 156 0146. 

‘n Kopie van die Gazette kan verkry word by https://bit.ly/gazettednotices