Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sidebar

02
Thu, May

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

AGRI-PULSE – RUSTENBURG - Alle inligting is volgens die Suid-Afrikaanse  Skou Pluimvee Organisasie se rasstandaarde. 
Die Pekin-eend het sy oorsprong in Asië, word geklassifiseer as ‘n swaargewig eend en lê wit eiers.
Mannetjies weeg gemiddeld 4,1kg en wyfies 3,6kg. Die Pekin-eend staan feitlik regop, effens gerond na voor en loop dan skuins na agter.

Die bou van die Pekin-eend is breed, mediumlengte met geen teken van ‘n lê behalwe bietjie tussen die bene nie. Die bors is breed en vol en loop egalig af tot op die pens, breed en vol onder by die pens en stert en raak amper aan die grond, rug is breed, vlerke is kort en sit styf teen die lyf. Die stert is breed en word redelik regop gedra, mannetjies het gekrulde stertvere. Die kop is groot, breed en rond met ‘n hoë voorkop en groot wange, die bek is helderoranje sonder enige swart kolle, is breed, kort en dik en buig effens na bo. Die oè is donkerloodblou, word gedeeltelik verberg deur die groot wenkbroue en groot wange. Die nek is lank en dik, loop in ‘n effense boog en het ‘n effense keelvel. Bene en pote is helderoranje, is sterk en dik, is ver agter geplaas wat veroorsaak dat die liggaam regop gedra word, pote plat en reguit. Die Pekin-eend het baie vere en is spierwit.
Vir enige navrae oor die ras of indien jy wil aansluit by die Rustenburg Pluimvee,  sms of whatsapp Dawie by 071 196 7696.