Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sidebar

01
Wed, May

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Naas Grové

AGRI-PULSE - Daar is baie mites en legendes wat hierdie fassinerende bome omring. Dikwels word na die boom verwys as die “boom van die lewe”. Boscia albitrunca, is ekologies, kultureel en medisinaal ‘n baie belangrike plant in suider-Afrika.  

Dit is ‘n hoeksteenspesie en ikoon van die droë streke in die Afrika-savanne. Eeue lank het dit skaduwee en skuiling gebied vir herders wat hul vee bewaak. Die boom het ewe veel waarde vir mense en diere, veral in baie droë gebiede. Dit sal selde afgekap word en wanneer landerye vir gewasse voorberei word en dit sal selfs nie as brandhout gebruik word nie.
Die groot verskeidenheid van name demonstreer die bekendheid en waarde wat die boom geniet onder die meeste Suid-Aftrikaners: witgat, matoppie, witstamboom, grootwitgat, witgatwortel (Afrikaans), sheperd’s tree, white stem tree, coffee tree (English). Die welbekende volksnaam vir die boom is ontleen van die Tswana motlhôpi en die woord is verwant aan matoppie (Afrikaans), mohlôpi (Northern Sotho), mutobi (Shona), ntopi (Kalanga) en muţhobi (Venda). 
Boscia albitrunca is deel van die CAPPARACEAE (Kapper)-familie. Dit is ‘n moeilike familie om te identifiseer in die afwesigheid van blomme en vrugte. Plante in die familie bevat mosterd-olie-glukosiede wat vrygestel word wanneer die blare beskadig word. Hierdie mosterdolies het vel-irriterende aktiwiteite en kan ook met kontak ‘n allergiese reaksie veroorsaak.
Die genus naam Boscia of boscii is ter ere van Louis A. G. Bosc (1759–1828), ‘n Franse landbouprofessor. Die spesie naam albitruncus /-a /-um (Latyn) is ‘n kombinasie van albi /-us = wit + trunca = stam, wat verwys na die kenmerkende witterige stam van die spesie.
Van die agt spesies wat natuurlik in die streek voorkom, is B. albitrunca die wydverspreidste in suidelike-Afrika. Hierdie ongelooflike mooi boom word aangetref in die droër en warmer dele van Suid-Afrika in die Noord Kaap, Noordwes, Limpopo, Mpumalanga, Vrystaat, Mpumalangs, eSwatini en Kwa-Zulu Natal. Verder noord kom dit ook voor in Namibië, Angola, Zambië, Zimbabwe en Mosambiek.  
Die suider-Afrikaanse spesies is baie veranderlik en verskillende plaaslike vorme kom voor, sonder om ‘n taksonomiese rangorde te erken. Bome wat in die noordwestelike dele van Namibië voorkom, naby aan die Namibwoestyn, het alternatiewe blare en is selde op gereduseerde takkies saamgebondel. Nog ‘n duidelike vorm kom voor in die Limpopoprovinsie in Suid-Afrika waar die bome blare produseer wat digte hare bedek is, terwyl die onbehaarde vorm elders meer tipies is.
Die kronkelende wortelstelsel is meestal in die boom se druplyn gekonsentreer omdat dit heelwat koeler in die skaduwee is. Dit is veral in droë sanderige gebiede waar die wortelstsel goed ontwikkel is op soek na water. Die diepste gedokumenteerde wortelstelsels van die plante is op ‘n diepte van 70 meter waargeneem.

Boscia albitrunca – Limpopo Provinsie-  blare saamgedronge op gereduseerde kort lote.

Boscia albitrunca het verskeie gebruike. Jong wortels word uitgedroog, fyn gemaal, gerooster en as plaasvervanger vir koffie gebruik, bekend as ’n trekseltjie witgatwortelkoffie”.  Te veel van hierdie koffie  kan diarree veroorsaak. Songedroogde poeierwortels word fyngemaal om mee pap te maak. Sagte jong rou wortellote word gekou om dors te les en die gekoude pulp word uitgespoeg. As gevolg van die plant se preserveermiddel eienskappe, word bottervet met fyngemaalde  wortelpoeier gemeng en so deur die Herero-gemeenskappe in Namibië vir lank gestoor.  ‘n Afkooksel van gekneusde blare word toegedien om ontsteekte oë by beeste te behandel en die brousel  word ook gebruik vir die behandeling van aambeie, hardlywigheid en hoofpyn. Groen vrugte word gebruik om epilepsie te behandel. Beide alkoholiese en nie-alkoholiese drankies word van die ryp vrugtemoes gebrou. Die blare kan ook gekou word  en dit bevat hoë vlakke van proteïene en vitamien A.
Daar word geglo dat ‘n oes sal misluk as die vrugte van die witgat verdor voordat die mannagras (Glyceria spp.) ryp is. ‘n Ander bygeloof is dat  koeie net bulkalwers sal hê indien  die hout van die boom gebrand word. Kombuisgereedskap, soos lepels en bakkies, word van hout gemaak. Die blombloeisels smaak blykbaar soos kappertjiesade en word as geurmiddels in tradisionele kosse gebruik. Die bekende ingelegde kappertjies is afkomstig van die bloeisels van Capparis spinosa en Capparis inermis, wat ook deel is van hierdie plantfamilie.
Die boom is gasheerplant vir die grasveldwitjie vlinder (Belenois aurota) wat jaarliks is massas uit die dorre suidwestelike dele van die Kalahari- en die Karoostreke op ‘n ou migrasieroete na die klammer oostelike dele in Suid-Afrika vlieg. Hierdie massamigrasie speel waarskynlik ‘n baie belangrike rol in die bestuiwing van die blomme van die boom.
Boscia albitrunca is ‘n beskermde spesie in Suid-Afrika, Namibië en eSwatini.