Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sidebar

27
Sat, Jul

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

AGRI-PULSE – NOORDWES – Die weeklikse opname van damvlakke van die Departement van Water en Sanitasie in Noordwes het in die afgelope weke ‘n afname in vlakke getoon – waarskynlik as gevolg van minder reën in die provinsie. Die vlakke van opgaardamme in die provinsie was verlede jaar hierdie tyd ietwat voller met 84.5% in vergelyking met die huidige 84%. Die departement het ‘n beroep op alle watergebruikers in die provinsie gedoen om voorlopig meer spaarsaam met water om te gaan. Volgens die jongste lesings, is die vlak van die Ngotwanedam vandeesweek tans 51.3% in vergelyking met 51.9% van verlede week.

 Net so is die vlak van die Hartbeespoortdam vandeesweek ook laer op 94.9% teenoor die 95.2% van verlede week. Pelladam is tans 62.8% teenoor die 63.7% van verlede week met Roodekopjesdam wat in die afgelope week van 95.1% tot 91.6% gedaal het. Die Marico-bosvelddam het ook ‘n daling van 1% getoon en wel vanaf 90.8% tot 89.8%. Bospoortdam het oor die afgelope week gedaal van 101.7% tot 101.4%. 
Molatedidam het gedaal van 57.1% tot die huidige 56.8% terwyl Olifantsnekdam van 94.8% gedaal het tot 93.9%. Die Taungdam wat water regdeur die Dr Ruth Segomotsi Mompati-distrik verskaf, is die enigste dam in die provinsie wat in die afgelope week ‘n styging getoon het – naamlik van 96.0% tot 99.5%. 
Ook het die Sisanengdam en Setumodam in die Ngaka Modiri Molema-distrik die afgelope week onveranderd op hul vlakke van die vorige week – naamlik 93.1% en 103.3% gebly. 
By die Buffelspoortdam was daar die afgelope week ook nie ‘n verandering nie, met die huidige vlak op 100.0%. Kosterdam is tans 98.8%, die Lindleyspoortdam 90.4% en die Madikwedam ‘n relatief swak 51.2%. 
Die departement het gemeenskappe versoek om water spaarsaam te gebruik en om waar moontlike waterlekke en gebarste pype aan die owerhede te rapporteer.