Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sidebar

27
Sat, Jul

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

AGRI-PULSE – CULLINAN - Cullinan Boere-unie, die organiseerders van die jaarlikse Goliat van Gat-kompetisie, glo dat volgende jaar se wenpampoen ‘n een-tonner sal wees. As jy dus jou oog op die titel het, is dit nou die tyd om aan die werk te spring - die kweekseisoen vir volgende jaar se kompetisie is nou in volle swang. 2023 se wenpampoen was ‘n skamele 110kg minder as ‘n ton. Wykus Lamprecht, die kweker van die 890kg pampoenknewel, is ook tydens TLU SA se afgelope kongres vereer vir sy rekord-pampoen. “Ons is baie opgewonde oor die vooruitsig van nog ‘n rekord reusepampoen,” sê Henri Combrink, die voorsitter van die Cullinan Boere-unie.

“Dit is vir ons ook ‘n baie groot en spesiale mylpaal om die 20ste jaarlikse kompetisie op 9 Maart 2024 weer in Pretoria aan te bied.” Die belangstelling en betrokkenheid by die kompetisie het die afgelope jare so toegeneem dat dit een van die gewildste geleenthede van die jaar is.
“Daar is groot pryse op die spel vir deelnemers en hierdie jaar gaan ons ook ʼn spesiale prys aanbied vir die een-ton-plus pampoen,” sê Combrink. “Ons vra alle voornemende reusepampoen-kwekers om nou aan die werk te spring. Die spangees en kameraderie onder deelnemers is iets besonders, en almal ondersteun mekaar om beter te doen.”
Die Goliat van Gat-kompetisie is ook geregistreer as ʼn amptelike inweegpunt by Great Pumpkin Commonwealth (GPC) waar deelnemers van regoor die wêreld hulle uitslae deel om sodoende wêreldwyd met mekaar te kan kompeteer.
Al die pampoene wat vir die kompetisie ingeskryf word, word aan welsynsorganisasies geskenk om sodoende ook by te dra waar daar behoefte is.
Daar is nog geleentheid om in te skryf en pitte te bestel vir die seisoen en kompetisie.
Navrae kan gerig word aan Henri Combrink by 082 552 9428 of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of aan TLU SA se hoofkantoor by 012 804 8031.