Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sidebar

27
Sat, Jul

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

AGRI-PULSE – RUSTENBURG - Die Britse Wit of Groot Wit Kalkoenras het sy oorsprong in Brittanje en word geklassifiseer as ‘n swaargewig kalkoen en word geteel vir die slag daarvan vir sy vleis.
‘n Volwasse mannetjie weeg tussen 12 tot 18kg en ‘n wyfie tussen 7 tot 10kg terwyl ‘n jong mannetjie (jonger as 12 maande) tussen 8 tot 13kg weeg en ‘n jong wyfie tussen 6 tot 8kg weeg. Die lyf is lank, diep en rond, die bors breed, vol, lank en reguit, het groot, sterk vlerke en die stert lank in vergelyking met die lyf. Die kop is lank en breed met ‘n sterk en effens krom bek, die nek buig na agter, die bene medium lengte en rond, dye lank en dik.

Wanneer die kalkoen geskou word, moet alle vere wit wees, behalwe die swart baard voor op die bors, borsbeen mag nie krom, gebuig of ingeduik wees nie en die stert moet reguit wees. Rasstandaard volgens die Suid-Afrikaanse Skou-organisasie. 
Indien jy wil aansluit by die Rustenburg Pluimveeklub of in kontak wil kom met telers, SMS of whatsapp Dawie 071 196 7696.