Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sidebar

19
Thu, Sep

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

AGRI-PULSE - RUSTENBURG - Die Tuzo het sy oorsprong in Japan en is ‘n Asiatiese hardeveer- en ‘n skaars, egte bantam, veghoenderras. Die Tuzo lê wit of gespikkelde eiers. Die hane weeg 1,3 tot 1,5kg en die henne 1,0 tot 1,2kg en is ‘n klein Shamo-tipe ras.
Die Tuzo is klein en elegant wat redelik regop vertoon, die liggaam is hard en gespierd, breed voor, maar word smaller na die stertkant toe.

Die rug is kort en reguit, nek- en stertvere is kort en skerp gepunt, vlerke kort en breed en die stert word horisontaal gedra en is effens gebuig na onder. Die kop is breed, maar rond met ‘n kort, sterk en krom bek, donkerbruin tot swart van kleur, smal trippelkam en helderrooi. Die tong moet swart wees, pote en bene geel van kleur met vier tone.
Die oorspronklike Tuzo is swart geveer met ‘n groen skynsel, alhoewel dit deesdae in alle kleure voorkom.
Vir enige navrae of as jy by die Rustenburgse Pluimveeklub wil aansluit, SMS of WhatsApp Dawie by 071 196 7696. (Foto’s: Google)