Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sidebar

19
Thu, Sep

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

AGRI-PULSE - BRITS - Aarbeie en nogmaals aarbeie is die hoofbestanddeel wat van die Aarbeifees op 6 en 7 September ‘n reuse sukses gaan maak.
Die Aarbeifees is ‘n nie-winsgewende organisasie wat deur die loop van die jaar fondse asook donasies aan instansies en individue, waar daar ‘n nood is, skenk.

Soos in die verlede, vind die fees by Heartland Equestrian Park, op die R511, langs die N1N4 Bakwena-tolpad plaas.
Tonne en tonne vars aarbeie, asook aarbeie in verskeie verwerkte delikatesse gaan gedurende die twee dae teen baie billike pryse verkoop word. Besoekers kan na hartelus tussen ‘n groot verskeidenheid stalletjies met heerlike kos, allerlei snuisterye en unieke geskenke rondsnuffel.
Top kunstenaars gaan deur die loop van die twee dae vertonings lewer en die eerste kunstenaar, Evert Swart, maak Vrydag, 6 September om 13:00 sy draai op die verhoog. Die program vir die res van Vrydag is: vanaf 14:00 tot 17:30 tree Karlien Husselman, Anton Fitchat, Saarkie, Kosie Beukes, Mia, Anthony McGee, Elsje, Dwayne Griffin, Melissa van Jaarsveld en Elzabi Beuk op. Samantha Leonard gaan van 18:00 - 19:00, Armand Hofmeyr van 19:15 - 20:15 en Elandré van 20:30 - 21:30 op die verhoog wees.
Vroeg Saterdagoggend is Hennie de Bruyn en Die Kitaar Kêrels op die verhoog. Vanaf 11:15 tot 13:15 is dit Die Ventertjies, 4Eva Young Band, Anton Fitchat en Jaycee Crause se beurt, waarna Duané Louw (13:30 - 14:15), Quentin Prinsloo (14:30 - 13:15), Evert Swart (15:30 - 16:15), Ruhan du Toit (16:30 - 17:30), Fatman (17:45 - 18:45), Christia Visser (19:00 - 20:00) en Elvis Blue (20:15 - 21:15) feesgangers gaan vermaak.
Toegang is vanjaar steeds R100 per dag, laerskoolkinders is R20 per dag en toegang vir voorskoolkinders is gratis. Kry solank jou kampstoele reg, maar los die koelbokse tuis en kuier gesellig saam in die biertuin.
Aarbeipryse: 1kg gesny (R25), konfyt (R25), 250g punnet (R10), 5kg los aarbeie (R120) en 16 x 250g (R140).
Kaartjies sal by die hekke beskikbaar wees. Vir meer inligting besoek die Aarbeifees se Facebook-blad of stuur ‘n e-pos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Die organiseerders van die fees bedank almal wat betrokke is met die organisering van die fees. ‘n Spesiale woord van dank aan die hoofborge: EchoBerry, In2Food, Yara en Heartland Equestrian Park.