AGRI-PULSE - UPINGTON: Die Tafeldruifoes is byna agter die rug en volgens die voorsitter van die Oranjerivier Produsente Alliansie, mnr. Gabriel Viljoen, was vanjaar se oesjaar baie gunstig.
Heelwat meer kartonne tafeldruiwe is langs die Benede-Oranje gepak as verlede jaar. Die jaar (2023/24) is 23.9 miljoen kartonne gepak teen 2022/23 oesjaar se 16,4 miljoen kartonne.
Die oesjaar wat strek vanaf week 45 (mid November) tot ± week 5/6, het gustig begin sonder enige reënbuie. “Die kwaliteit van die vrug is vanjaar baie goed. Dit was ‘n goeie korrelgrootte-jaar wat gekoppel is aan produksie per hektaar gepak. Hoe groter die korrel, hoe meer bokse kan per hektaar gepak word,” het Gabriel gesê.