Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sidebar

10
Sat, Oct

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

AGRI-PULSE – BRITS – Gedryf deur sy ambisie om in landbou te slaag, het die volstruis-boerdery ’n passie vir Kabelo Lekalakala (37) geword en hy het Pitso Volstruisplaas op Mamogaleskraal, net buite Brits, Noordwes, begin.

Kabelo het grootgeword in Bapong, naby tussen Brits en Rustenburg, waar hy op skool was. Nadat hy gematrikuleer het, het hy suksesvol ’n diploma in BTech Besigheidsadministrasie in Pretoria voltooi.
Hy het na Oudtshoorn in die Wes-Kaap verhuis, waar hy as ondernemings-ontwikkelingspraktisyn, hoofsaaklik met volstruise begin werk het. Hy het alles rakende volstruisboerdery geleer, van waardeketting, teling en groei tot slagting, leerlooiery, sowel as die maak van veer- en eierdopversierings.
Soos sy kennis van die besigheid ontwikkel het, het hy volstruisboerdery begin navors en in 2018 het hy die sprong gewaag en sy eie volstruisplaas op Mamogaleskraal begin.
“Volstruise is werklik merkwaardig - hulle is broos, vreesloos, vurig en vriendelik - alles in een,” sê Kabelo. “Ek het my plaas Pitso genoem, wat ‘n roeping of oproep in Tswana beteken. Volstruisboerdery ís my roeping en ek ís passievol oor volstruise.”
Hy het dié nismark betree omdat hy tradisionele persepsies wil transformeer ten einde nuwe paaie vir landelike ontwikkeling en voedselsekerheid oop te maak.
Kabelo het begin met ‘n paar 17 dae oue volstruiskuikens en het op ‘n stadium met meer as 120 gesonde volstruise geboer. Volgens Kabelo groei die wêreldwye vraag na eksotiese en gesonde voedselopsies. 
As ‘n jong volstruisboer is sy doel om die weg te baan vir ‘n meer volhoubare en gediversifiseerde landboulandskap vir volstruisboerdery. “Ek verskaf hoofsaaklik volstruisvleis aan geselekteerde kleinhandelaars.” Volstruisvleis het aansienlik minder vet en cholesterol as beesvleis of hoender, terwyl dit hoë vlakke van yster en proteïen het. Volstruisvleis het ‘n baie hoë mate van omgewingsvolhoubaarheid, veral in vergelyking met beesvleis. Beesvleis is uiters hulpbron-intensief en vereis enorme hoeveelhede menslike, grond- en energie-insette vir produksie. “Die produksie van een kilogram volstruisvleis vereis dramaties minder water, voer en grond en laat baie minder kweekhuisgasvrystellings en afval vry,” voeg Kabelo by.
Volstruisvleis is nie baie bekend aan die verbruiker nie, hoofsaaklik omdat die bedryf histories op uitvoere gefokus het en in sy strewe om volstruisvleis aan die plaaslike publiek bekend te stel, doen hy jaarliks ​​‘n “Volstruis-en-Wyn-ervaring” op sy plaas op Mamogaleskraal. Vanjaar vind die geleentheid vanaf 30 Oktober plaas.
“My gunsteling snit is ‘n goed voorbereide stuk filet- of nekbredie en ek nooi die publiek uit om die volstruis-smaaksensasie, gekomplimenteer deur van ons plaaslike wyne, te kom ervaar,” sluit hy af.
Vir meer inligting, kontak Kabelo by Pitso Ostrich Farm op Facebook, TikTok en Instagram of stuur ‘n e-pos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.