Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sidebar

27
Sat, Jul

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

AGRIPULSE – RUSTENBURG - Die Ayam Cemani-ras het sy oorsprong in Indonesië, word as ‘n liggewig-, hardeveerras geklassifiseer, lê roomkleurige tot wit eiers en broei nie self nie. 
Die grootrashane weeg 1,8 tot 3kg, henne 1,2 tot 2,5kg, terwyl die jonghane maksimum 2,7kg en jonghenne maksimum  1,8kg weeg.
Ayam Cemani beteken swart hoender.

Die ras het swart vere, swart vel, die kam en lelle asook die binne- en buitekant van die bek is swart sowel as die tong. Die Ayam Cemani is mediumgrootte, staan redelik regop met vlerke styf teen die lyf en vertoon wakker en lewendig.
Die bors is redelik breed, ferm, vol en rond, die rug is mediumlengte, loop afdraende vanaf die nek na die stert met die stert redelik regop en breed met dun, mediumlengte sekelvere.
Die kop is mediumgrootte, gesig glad en swart, die bek is swart, oë is groot en is swart tot swartbruin, swart pupille en ooglede, enkel swart kam met vyf tot sewe punte. Die bene en pote is swart, dye mediumlengte, vier tone aan elke poot, lank en sterk, goed gesprei. Alle vere is swart met effense groen skynsel. Die vere is redelik kort, dun en sit styf teen die vel. Die Ayam Cemani kom slegs in een kleur voor, swart!
Om aan te sluit by die Rustenburg Pluimvee Klub of meer inligting aangaande die ras, sms of whatsapp Dawie by 071 196 7696.