Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sidebar

08
Sun, Sep

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Deur Danie Jacobs

AGRI-PULSE – Sommige mense versamel seëls, horlosies, kuns of selfs olie- en melkkanne. Maar het jy al gehoor van ‘n trekkerversameling? 
Tweeling Jaco en Johann Gouws van Klerksdorp is bekend vir hul belangstelling in trekkers – Ferguson en Massey Ferguson trekkers spesifiek.

Hulle versameling het al meer as 60 trekkers en op hul 60ste verjaardag in Oktober het hulle besluit om met dié versameling by die plaaslike inwoners te spog. Die verjaardagnaweek (hul verjaar op 14 Oktober) het met die uitstalling by ‘n kuierplek begin en met vrolike versierde kolwyntjies (met trekkers natuurlik) in die hand het hulle hul passie ten toon gestel. Die tweeling het 40 jaar gelede met tassies in die hand in Klerksdorp aangekom om hul vakleerlingskap op die myn te doen. Na vier dekades werk hulle nog steeds daar. 
Die Gouwse is lid van die NW Veteraan Trekker-en-enjinklub met sy sowat 40 lede, waarvan 18 aktiewe versamelaars is. Hulle stal gereeld uit en die tweeling veg gedurig vir die eerste en tweede plek. Hulle het op ‘n plaas in die Oos-Kaap grootgeword waar hul pa, Kobus, sy eerste Massey Ferguson-trekker in 1962 gekoop het. Sy swaer, Jan Muller, het dieselfde gedoen. Dit was ‘n Massey Ferguson 35. Die tweeling het met die trekkers op die plaas rondgery en kon reeds ploeg en plant voor hulle kon lees en skryf.  Na hul pa se dood in 1996 het Jaco die einste trekker gekoop wat eens aan sy pa behoort het. Johann het ‘n Farmall M-trekker gekoop wat sy oupa in 1945 gekoop het. Toe het die gogga gebyt en hulle het begin trekkers koop en restoureer.  Vandag het hulle meer as 60 trekkers en die skaarsste een is die oorspronklike Ferguson TED. 
Hy het tot sy oorspronklike bykomstighede. Volgens die tweeling is hy die enigste van sy soort in die land en daar is baie min oorsee in ‘n werkende toestand. Sommige trekkers is in hul oorspronklike toestand en nog nooit oorgeverf nie. Hulle het ook al verskeie pryse gewen vir restourasie waar hulle met die eerste en tweede plekke kan spog!
So baie trekkers vereis baie spasie en hulle word op verskeie plekke gestoor, onder meer by Nampo. Wat gaan hulle eendag met al die trekkers maak? “Hulle gaan na die kinders toe. Hulle het ook ‘n liefde vir hulle ontwikkel,” vertel hulle.
Stel jy belang om aan te sluit by die NW Veteraan Trekker-en-enjinklub? 
Die broers het meer inligting by 082 417 3583 en 083 397 4277.