Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sidebar

21
Sat, Dec

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Naas Grové - President: Dendrologiese Vereniging van Suid-Afrika

AGRI-PULSE – NOORDWES - Vir meer as 5 000 jaar kweek mense blomme vir hul natuur-like skoonheid, geur, persoonlike versiering om uitdrukking te gee aan die mens se gevoelens soos simpatie, berou (skuld), romanse (seksuele bedoelings) of feestelike vierings (blydskap en trots).

Geen wonder dat wetenskaplike navorsing aangedui het dat blomme oor die jare ontwikkel het om positiewe emosionele gevoelens in die mens op te wek, soortgelyk aan die manier waarop sommige plante ontwikkel het om die gedrag van sekere diere en insekte wat vir bestuiwing verantwoordelik is, te stimuleer en te aktiveer. Dit is veral hierdie tyd van die jaar dat ons omring word met ‘n oorvloed van blomme. Jy sien dit oral: in tuine, parke, sypaadjies en in die veld. Onlangse studies het aangedui dat die teenwoordigheid van blomme op ‘n eenvoudige manier die emosionele gesondheid van mense beïnvloed. Dit aktiveer gelukkige emosies, verhoogde gevoelens van liefde en dit speel ‘n rol in die mens se sosiale gedrag.
Dit is alles goed en wel - ek sal graag ‘n vrou wil ontmoet wat geen waardering vir blomme het nie. Ongelukkig is die meeste mense onbewus van die belangrike ekologiese waarde van hierdie massa-vervaardigde blommeprag wat ons omring. Plante en plantgemeenskappe is van kritiese be-lang vir die mens, sy omgewing en welstand van die planeet. Gewoonlik word (veld)-blomme as vanselfsprekend geag en die rol wat hulle speel in ons lewens wissel van subtiel tot voor die hand liggend. Sedert die vroegste bestaan van die mens is ons afhanklik van plante vir ons daaglikse be-staan en is dit ‘n noodsaaklike skakel in die mens se ekologiese oorlewingsfunksie. 
Vir plante, is blomme egter ‘n baie ernstige saak. Die blom is die voortplantingsorgane van die plant. Alhoewel sommige plante in staat is om voort te plant sonder blomme (keëldraende plante insluitend konifere, broodbome en geelhoutbome), plant alle angiosperme voort deur middel van blomme en sade. Die meeste van hierdie blomme bevat manlike en vroulike geslagsorgane sowel as spesiaal ontwerpte en aangepaste dele om bestuiwers te lok. Wind kan ook ‘n rol speel in die verspreiding van die stuifmeel vir bevrugting, maar die meeste blomme word deur insekte of diere bestuif. Angiosperme is die mees diverse groep plante op die aarde en die rede hiervoor is dat hulle spesiale meganismes ontwikkel het vir die verspreiding van hul gene. Insekte en diere het ‘n baie lang verbintenis met plante en waarskynlik is hierdie verhouding met spesifieke bestuiwers een van die redes vir die diversitiet van blomplante. Blomme van die Kryttydperk (ongeveer 145 tot ± 66 miljoen jaar gelede) toon ongelooflik ooreenstemmende eienskappe wat verband hou met vandag se bestuiwingspatrone: meeldrade met klein helmknoppe en lae stuifmeel produksie, groter stuifmeelkorrels en in die geval van windbestuifde blomme is die blomme baie klein en onopvallend van aard. Die primêre doel van hierdie aangepaste blomme is om groot hoeveelhede liggewig stuifmeel te produseer wat maklik deur die wind versprei kan word.
In hierdie koëvolusionêre mutualistiese verhoudings tussen plante, insekte en diere vir bestuiwing oor miljoene jare het plante hierdie onderlinge verwantskappe gebruik om te oorleef. Blomme is aangepas om bestuiwers te lok en dit word gedoen met die vertoon van spoggerige blomme, skei baie skerp aroma af wat as lokseine geld, narkotiese middels wat die bestuiwer se gedrag verander en animasie strukture wat die bestuiwer se paringsgedrag naboots. As gevolg van hiervan sal plante op verskillende tye blom sodat dit saamval met die lewensiklus van die bestuiwer om te verseker dat die kans op bestuiwing verhoog word.  
Bestuiwing is dus nie net ‘n fassinerende natuurles nie. Dit maak ‘n noodsaaklike deel van die ekologiese oorlewing funksie van plante uit. As die plant is nie bestuif word nie, sal dit nie in staat wees om saad te produseer nie en sal dit uiteindelik uitsterf. Om dit in konteks te plaas: sonder blomme en hul bestuiwers, sal die menslike ras en al die land-ekosisteme nie kon oorleef nie. Van die meer 1 500 gewasse wat reg-oor die wêreld vir voedsel en plant-gebaseerde industriële produkte verbou word, word byna 80% deur insekte en diere bestuif.