Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sidebar

20
Fri, Sep

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

AGRIPULSE – LICHTENBURG – Aartappels is so ‘n interessante gewas. Nes jy dink jy het alles reg gedoen, meng siektes of plae in... 

Maar dit is ook ‘n stapelvoedsel en daarom moet jy deursettingsvermoë hê om deur te druk en ‘n poging aan te wend om die produk in ‘n goeie gehalte by die fabriek te kry. Dit is moeilik en bring groot bekommernis - maar dis ook pret. As alles maklik was, sou almal dit kon doen! 
Om ‘n goeie aartappeloes te lewer, moet jy die drie basiese pilare reg hê: Goeie grondvoorbereiding, goeie saad en goeie besproeiing. Beurtkrag maak dit nie makliker nie…
McCain Aartappels is al vir langer as 20 jaar in die Lichtenburg-omgewing en het goeie verhoudings met die grondeienaars in die omgewing, en hulle wil daarop voortbou. Western Farms is die boerdery van McCain Foods Suid-Afrika. 
Hulle lewer ‘n groot aantal aartappels aan die fabriek, met spoed, akkuuraatheid en ook in groot volumes. Sodra ‘n vragmotor die fabriek binnekom, is die aartappels binne 12 ure gereed as ‘n finale produk vir die kliënt om te geniet. 
Dit is die wêreld se grootste vervaardiger van bevrore aartappel-produkte, met een uit elke vier aartap-pelskyfies ter wêreld ‘n McCain aartappelskyfie!